
Steven Kitshoff | EP3 | Bokke, Bier en Steven se Ma
Notas del episodio
As jy sukses in besigheid wil behaal, moet jy big calls kan maak. Punt! Ons volgende kliënt is ons grootste een nog... letterlik. Die Springbok-legende en tweemalige Wêreldbekerwenner Steven Kitshoff! Maar die toekoms gee nie om oor die verlede nie. Tyd om vir Steven iets volhoubaar te kry.
Maar eers moet Bennie en Schalk ’n paar belangrike dinge uitvind. Soos: Wie van die Springbokke kan die meeste drink? Het Steven die eerste span op skool gehaal? Kan Steven hard werk?
Die HASSSEL-span is nie bang vir moeilike vrae en big calls nie!
Steven, dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot!
HASSSEL is vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.