
Maroela-onderhoude
- Episodios
- 150
- Se publica
- varias veces por semana
- Último episodio
- 11 Nov 2026
Sobre el podcast
Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Episodios 150
Ronell Erasmus: ‘My tyd wat ek met Here praat’
Die gewilde geestelike sangeres se volledige musiekkatalogus is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Maroela Media
SkoolSlim | Wat lê werklik agter ’n kind se gedrag?
’n Moeilike kind probeer soms iets sê wat hy of sy nie in woorde kan uitdruk nie. In die jongste episode van “SkoolSlim” kyk Lourindi Nel na trauma, gedrag en waarom veiligheid die grondslag vir leer vorm. Maroela Media
Cordelia wys hart vir country met nuwe album
Sy het ’n verskeidenheid genres in gedagte gehad terwyl sy geskryf het, en daar is ’n hele paar ballades en lekker “boot scoop”-countryliedjies waarop ’n mens kan dans. Maroela Media
‘Verlore seun’ Rudi Claase vind weer sy stem
Die afgelope vier jaar was die bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase meer in die hospitaal as wat hy in die ateljee was, maar hy het onlangs teruggekeer na wat hy sy “hartsplek” noem. Maroela Media
Unieke liefde tussen seun, hond in boek oor disleksie
Vir Elana Barker, skrywer van 'Die miere maak amok', was dit ’n manier om haar seun Jan se diagnose met disleksie te verwerk en verstaan. Maroela Media
Dissipelskap leefwyse, roeping vir alle Christene
“Tye het verander, maar die mens se aard het nie, dus is die Bybel steeds van toepassing,” sê Ewan Oberholzer oor die besluit om Jesus te volg. Maroela Media
Van Brakanjan tot Wrakinjan
’n Goedkoop kitaar, ’n Green Day-konsert en ’n naam wat deur “Brakanjan” geïnspireer is. Só het die alternatiewe Afrikaanse musiekgroep Wrakinjan ontstaan. Maroela Media
‘Verlammende vrees’: ‘7de Laan’-aktrise maak hart oop oor borskanker
Op 16 April vanjaar het Carina Nel se lewe in ’n ommesientjie verander, toe ’n roetineborsondersoek skielik ’n verbete stryd teen borskanker geword het. Maroela Media
SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?
Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in …
Notas del episodio
Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word. Maroela MediaSkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?
Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse …
Notas del episodio
Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word, sonder duur programme of ingewikkelde oefeninge. Maroela MediaDeur koeëls en myntonnels op zama-zamas se spoor
Ná meer as ’n dekade se ondersoekwerk vertel joernalis Graham Coetzer in sy nuwe boek van die georganiseerde misdaad, uitbuiting en groot geld agter Suid-Afrika se onwettige mynbedryf. Maroela Media
‘Pleegsorg is my roeping,’ vertel Bianca (24)
“Ons glo dat elke kind die geleentheid moet hê om in ’n liefdevolle gesin groot te word.” Maroela Media
Borskankerdiagnose: ‘Dan gaan jy op jou knieë’
Toe fase-3 borskanker in 2022 by die 33-jarige Edith du Toit van Lichtenburg in Noordwes gediagnoseer is, was haar eerste gedagte: “Wat van my kinders?” Maroela Media
Ruhan gee stem aan verlies, verlange
“Met ‘Pa vir Kersfees’ bring Ruhan ’n bekende heldeverhaal opnuut na vore en gee hy woorde aan die verlange om iemand nog net een keer te sien, te hoor of vas te hou.” Maroela Media
Ollyvans skink dubbel met solo-debuut
Ollyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het …
Notas del episodio
Ollyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het onlangs die lig gesien. Maroela MediaTim Theron aksieman in nuwe Deon Meyer-reeks
“Die ambisie was van die begin af om iets groots te doen. Suid-Afrikaans, maar op ’n internasionale skaal.” Maroela Media
Student vat verkope van handboeke, skep wen-sakeplan
Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van …
Notas del episodio
Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat dit kan groei. Maroela MediaZaan, Kurt draai saam op dansvloer
Kurt en Zaan, wat ’n hegte band gevorm het tydens die vervaardigingsproses van “Meisie meisie”, vertel die verfilming van die musiekvideo was groot pret. Maroela Media
Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede
Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee …
Notas del episodio
Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee. Maroela Media‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos
Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring …
Notas del episodio
Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het wat alles in ʼn klaskamer moontlik is. Louw is onlangs aangestel as hoof van Hartland Akademie, wat in Januarie 2027 op die Hartland-landgoed in Hartenbos open. Die nuwe Afrikaanse skool is ʼn vennootskap tussen Die MOS Inisiatief, die Doxa Deo Education Trust en Hartland Lifestyle-ontwikkelaars. Maroela MediaRegstudent met musiekdrome laat Dozi-treffer herleef
Nadat Jolan van Vuuren Akademia se talentkompetisie gewen het, het hy die kans gekry om ʼn liedjie saam met Johan Vorster te vervaardig. Maroela Media
‘Dít maak jou koelboks koning,’ sê Snotkop
Snotkop en Ricus Nel is terug met nog ʼn liedjie ná die wegholsukses van “Boerepompie”. Maroela Media
Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’
“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.” Maroela Media
‘Kontras van menslikheid’ inspireer Janie, Hunter
Op byna 42 is Janie Bay uiters gemaklik in haar vel, en haar nuwe musiek weerspieël waar sy haar tans in haar lewe bevind. Maroela Media
Geliefde omroeper sing oor wat agter die masker skuil
“Ek dink ons almal is ʼn bietjie onafgerond. Ons sit ʼn masker op en gee voor dat ons lewe perfek is, veral in die hedendaagse tyd waar ons onsself met ander op sosiale media vergelyk.” Maroela Media
‘Skadumeisie’: Oplaas bevryding ná jare van seer
Die boek word beskryf as nie net ʼn oorlewingsverhaal ná verslawing, verkragting en selfvernietigende gedrag nie, maar ook ʼn storie van hoop en ʼn herinnering aan die onblusbaarheid van die menslike gees. Maroela Media
SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders
ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn …
Notas del episodio
ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees. Maroela Media‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak
Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn …
Notas del episodio
Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê. Maroela MediaSkoolSlim | Om te lees is om te verstaan
In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê. Maroela Media
Op die spektrum | ‘Oneindige uitdagings, maar daar is hoop’
In die tweede episode van “Op die spektrum” gesels die Müller-gesin van Pretoria oor hul seun se aanvanklike diagnose van outisme en verduidelik breedvoerig oor hul stryd om hom in die regte skool te plaas. Maroela Media
Aquí están los 40 episodios más recientes de 150. Los anteriores están en el feed del podcast.
Podcasts similares
Más podcasts de Para toda la familia¿Es tu podcast?
Confírmalo con una entrada en tu feed: aquí recibes un código, lo añades como podcast:txt en el canal de tu feed y nosotros lo comprobamos. Después tu podcast aparecerá como «verificado» en SoundNode.






