
HASSSEL PODCAST
- Épisodes
- 3
- Dernier épisode
- 25 Nov 2026
À propos du podcast
HASSSEL is ’n podcast waar Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout vir bekendes ’n nuwe loopbaan vind. Langs die pad leer ons die gaste beter ken, hoor meer oor hul verlede en ontdek ’n paar interessante stories. En natuurlik kry hulle ’n splinternuwe loopbaan én ’n lekker vet faktuur vir die dienste gelewer. Dit alles, of hulle nou daarvoor gevra het of nie, en of hulle daarvan hou of nie. Dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot! Vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
Épisodes 3
Steven Kitshoff | EP3 | Bokke, Bier en Steven se Ma
As jy sukses in besigheid wil behaal, moet jy big calls kan maak. Punt! Ons volgende kliënt is ons grootste een nog... letterlik. Die Springbok-legende en tweemalige Wêreldbekerwenner Steven Kitshoff! Maar die …
Notes de l’épisode
As jy sukses in besigheid wil behaal, moet jy big calls kan maak. Punt! Ons volgende kliënt is ons grootste een nog... letterlik. Die Springbok-legende en tweemalige Wêreldbekerwenner Steven Kitshoff! Maar die toekoms gee nie om oor die verlede nie. Tyd om vir Steven iets volhoubaar te kry.
Maar eers moet Bennie en Schalk ’n paar belangrike dinge uitvind. Soos: Wie van die Springbokke kan die meeste drink? Het Steven die eerste span op skool gehaal? Kan Steven hard werk?
Die HASSSEL-span is nie bang vir moeilike vrae en big calls nie!
Steven, dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot!
HASSSEL is vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
Francois van Coke | EP2 | Rock, Boks en Blokfluit
Ons volgende kliënt is niemand anders nie as die rockster en bokser Francois van Coke! Hy is moeg daarvoor om ná al die jare op honderde duisende mense te skree.Van sy skoolrapport en blokfluit tot die dag toe …
Notes de l’épisode
Ons volgende kliënt is niemand anders nie as die rockster en bokser Francois van Coke! Hy is moeg daarvoor om ná al die jare op honderde duisende mense te skree.
Van sy skoolrapport en blokfluit tot die dag toe hy vir Derick gemoer het, volgens hom een van die beste dae van sy lewe!
Bennie en Schalk delf ’n bietjie dieper in Francois se verlede en probeer uitvind of hy dalk iets wegsteek wat hulle vir ’n nuwe loopbaan kan gebruik.
So ver is die HASSSEL-startup nog aan die gang en besigheid loop! Maar het ons nóg ’n gelukkige customer?
Francois, dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot!
HASSSEL is vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
De Klerk Oelofse | EP1 | Partytrieks, Geld en Sy Derde Enetjie
Ons eerste gas is die akteur, vervaardiger en regisseur De Klerk Oelofse! Tyd vir ’n nuwe loopbaan en nóg ’n titel op De Klerk se CV.De Klerk kom kuier en deel hopeloos te veel, met ’n klomp belaglike stories …
Notes de l’épisode
Ons eerste gas is die akteur, vervaardiger en regisseur De Klerk Oelofse! Tyd vir ’n nuwe loopbaan en nóg ’n titel op De Klerk se CV.
De Klerk kom kuier en deel hopeloos te veel, met ’n klomp belaglike stories wat die HASSSEL-span sommer baie inligting gee om mee te werk wanneer hulle vir hom ’n nuwe rigting probeer vind.
Bennie en Schalk vra vir De Klerk om oop kaarte te speel met ongemaklike vrae oor sy netto waarde, sy eerste werkskontrak en nog vele meer. De Klerk skrik nie en vertel alles, selfs van sy derde enetjie!
De Klerk, dis rof daar buite. Dis tyd om te pivot!
HASSSEL met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
Vervaardig deur: JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.
Podcasts similaires
Plus de podcasts : HumourC’est votre podcast ?
Confirmez-le avec une entrée dans votre flux : vous recevez ici un code, vous l’ajoutez comme podcast:txt dans le canal de votre flux, et nous le vérifions. Votre podcast apparaît ensuite comme « vérifié » sur SoundNode.

