Zum Inhalt springen

Van assistent op stel tot Wyfie hoofrol. Wat dit werklik vat. | Mienke Ehlers S1E11

15.07.2026

Shownotes

Welkom by Episode 11 van die She's Gutsy Podcast!

In hierdie episode gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met die ongelooflike Mienke Ehlers, die aktrise en stilis wat jy dalk ken as Dalena, Mia op Wyfie, of haar huidige rol, Frankie.

Maar lank voor die kamera se lig ooit op haar geval het, was daar jare van stil, ongesiene werk. Mienke het as kelnerin, persoonlike afrigter en kosstilis gewerk, agter die skerms in die kostuum- en kunsdepartement, en het selfs dramaklasse in Malmesbury aangebied. Sy het omtrent vyf jaar lank oudisies afgelê sonder 'n deurbraak.

Ons gesels oor die volsirkel-oomblik wat haar storie so besonders maak: sy het as rekwisiete-assistent op die Suidooster-stel gewerk, presies waar sy vandag 'n hoofrol speel.

Ons praat eerlik oor die stil jare en die dissipline sonder enige waarborg, oor wat dit gekos het om dieselfde mens te bly agter elke rol, en oor geloof as die anker wat haar deur die swaar seisoene gedra het. Ons gesels ook oor die erkenning wat uiteindelik gekom het, die Silwerskerm-beeldjie en 'n Safta-nominasie, en oor wat werklik verander het, en wat glad nie verander het nie.

Hierdie is nie 'n stywe onderhoud nie; dit is 'n ware, "unscripted" gesprek oor moed, weerloosheid, identiteit, en om aan te hou glo in jou droom wanneer daar nog géén waarborg is nie.

Gryp 'n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan vir 'n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.

Maak seker subscribe sodat jy nooit 'n gesprek misloop nie! Ons sal ook baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste "takeaway" uit Mienke se storie?

Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons Gutsy App: www.gutsy.global

Volg ons op Instagram & TikTok: @gutsy_app @julipoeli_official

Volg Mienke op Instagram: @mienkeehlers

Alle Folgen von She’s Gutsy

Einstellungen

Darstellung

Sprache

Bestimmt, welche Sender dir auf der Startseite zuerst gezeigt werden.

Verlauf

Zuletzt gehörte Sender und Folgen und deine letzten Suchen liegen nur in diesem Browser.

Hinweise

Ein kurzer Hinweis, wenn ein Podcast, dem du folgst, eine neue Folge hat. Einzelne Podcasts stellst du über die Glocke auf ihrer Seite ab.

Konto

Favoriten speichern – in der App und auf der Website.

Tastenkürzel

/
Suche öffnen
Leertaste
Abspielen oder anhalten
← →
Im Player: 15 s zurück, 30 s vor (Folgen) · im Regal: nächste Kachel
↑ ↓
Im Regal: Ziel innerhalb der Kachel
Pos1 / Ende
Im Regal: erste bzw. letzte Kachel
Esc
Fenster oder Menü schließen
?
Diese Übersicht
Läuft gerade

Zur Senderseite

Als Nächstes

    Folgen mit „Als Nächstes“ vormerken – sie laufen nach der aktuellen Folge.