Zum Inhalt springen
Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
PodcastFiktionDramaAF

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Folge 1Strandloper 2 – Episode 6112.05.2025 · 11 Min.
Folgen
120
Format
Serie – von Anfang an hören
Letzte Folge
1. Aug. 2025

Über den Podcast

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.

Mitwirkende

  • Bettie KempModeration

Folgen 120

  1. [Slot-episode] Strandloper 2 – Episode 120

    14 Min.Staffel 1 · Folge 120

    In die slotepisode van die reeks maak Tannie Ouvrou haar spesiale seewierjellie en Oom Fred koop vonkelwyn, want daar’s ʼn groot viering in die Son en See vanaand. Nicolien is ontsteld oor die jongste …

    Shownotes
    In die slotepisode van die reeks maak Tannie Ouvrou haar spesiale seewierjellie en Oom Fred koop vonkelwyn, want daar’s ʼn groot viering in die Son en See vanaand. Nicolien is ontsteld oor die jongste onthullings, maar Mauritz sorg dat alles eindig met trane van blydskap.
  2. Strandloper 2 – Episode 119

    12 Min.Staffel 1 · Folge 119

    Willie besoek Tannie Ouvrou by die losieshuis en sy onskuldige vraag laat haar groot skrik. Hulle deel ʼn paar spesiale oomblikke. Nicolien probeer Mauritz beïndruk met ʼn ongelooflike, ware seestorie … maar dis …

    Shownotes
    Willie besoek Tannie Ouvrou by die losieshuis en sy onskuldige vraag laat haar groot skrik. Hulle deel ʼn paar spesiale oomblikke. Nicolien probeer Mauritz beïndruk met ʼn ongelooflike, ware seestorie … maar dis Mauritz wat ʼn uitklophou aan die einde plant.
  3. Strandloper 2 – Episode 118

    13 Min.Staffel 1 · Folge 118

    Engela en Dylan skiet bemarkingsmateriaal vir TikTok by die hawe, en hy wys weer hoekom hy ʼn topkunstenaar is. Oom Fred kry ʼn besoek van Engela: Sy soek ʼn antwoord by hom oor ʼn groot vraag wat sy hom gevra het.

  4. Strandloper 2 – Episode 117

    12 Min.Staffel 1 · Folge 117

    Dis Dylan se groot dag van sy eerste televisie-uitsending – ’n groot gebeurtenis vir die dorp. Engela probeer Dylan oortuig dat hulle meer bemarking vir hom en sy vertonings moet doen, maar hy oortuig haar met …

    Shownotes
    Dis Dylan se groot dag van sy eerste televisie-uitsending – ’n groot gebeurtenis vir die dorp. Engela probeer Dylan oortuig dat hulle meer bemarking vir hom en sy vertonings moet doen, maar hy oortuig haar met ʼn vinnige vertoning daar en dan.
  5. Strandloper 2 – Episode 116

    14 Min.Staffel 1 · Folge 116

    Willie en Engela woon Visstok se danssessie by, en dis byna asof die goeie ou dae tussen hulle terug is. Visstok steek egter sy kleim met selfvertroue af, maar Engela laat hom vir die eerste keer in jare …

    Shownotes
    Willie en Engela woon Visstok se danssessie by, en dis byna asof die goeie ou dae tussen hulle terug is. Visstok steek egter sy kleim met selfvertroue af, maar Engela laat hom vir die eerste keer in jare sprakeloos met haar vraag.
  6. Strandloper 2 – Episode 115

    13 Min.Staffel 1 · Folge 115

    Bloubaai is in rep en roer, en die skokkende nuus van Jack trek ver en wyd. Tannie Ouvrou is druk besig met die kerkbasaar se reëlings, en sy word tot trane geroer toe Dylan en Oom Fred hulle skenkings bring.

  7. Strandloper 2 – Episode 114

    12 Min.Staffel 1 · Folge 114

    Engela verstel Visstok se klere, wat sigbaar baie gewig verloor, toe Willie daar aankom met nuus oor Jack, wat haar grootste vrese bewaarheid. Tant Betta snuffel by Willie oor Estelle se planne, en sy gee vir …

    Shownotes
    Engela verstel Visstok se klere, wat sigbaar baie gewig verloor, toe Willie daar aankom met nuus oor Jack, wat haar grootste vrese bewaarheid. Tant Betta snuffel by Willie oor Estelle se planne, en sy gee vir Engela die beste nuus van die dag.
  8. Strandloper 2 – Episode 113

    12 Min.Staffel 1 · Folge 113

    Oom Fred hou weer een van sy gesellige kabeljou-braaie en die aand lewer meer op as net lekker vis. Dylan vermaak almal met bokkomstories. Mauritz deel die nuus wat in Oom Eric se brief staan met Nicolien … en …

    Shownotes
    Oom Fred hou weer een van sy gesellige kabeljou-braaie en die aand lewer meer op as net lekker vis. Dylan vermaak almal met bokkomstories. Mauritz deel die nuus wat in Oom Eric se brief staan met Nicolien … en sy maak ʼn hartseer bekentenis aan hom.
  9. Strandloper 2 – Episode 112

    14 Min.Staffel 1 · Folge 112

    Nicolien se wekker lui donkernag vir die groot verrassing wat Mauritz haar belowe het. Dit blyk ʼn goeie een te wees wat haar stoutste verwagtings oortref. Daar is egter ʼn ding wat Nicolien pla en waaroor sy en …

    Shownotes
    Nicolien se wekker lui donkernag vir die groot verrassing wat Mauritz haar belowe het. Dit blyk ʼn goeie een te wees wat haar stoutste verwagtings oortref. Daar is egter ʼn ding wat Nicolien pla en waaroor sy en Stefan lank gewonder het.
  10. Strandloper 2 – Episode 111

    12 Min.Staffel 1 · Folge 111

    Tannie Ouvrou en Oom Fred doen wat die Bloubaaiers graag doen: om laatmiddag langs die strand te gaan stap, waar jy die jongste nuus kry. Dylan se vertonings by die koffiekiosk kry momentum, en die kliënte kry …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou en Oom Fred doen wat die Bloubaaiers graag doen: om laatmiddag langs die strand te gaan stap, waar jy die jongste nuus kry. Dylan se vertonings by die koffiekiosk kry momentum, en die kliënte kry werklik “meer as net koffie” by DYLANS.
  11. Strandloper 2 – Episode 110

    12 Min.Staffel 1 · Folge 110

    Visstok probeer by Engela uitvind oor die jongste nuus oor Jack se verdwyning. Hy’s net betyds om haar uit ʼn moeilike situasie te red. Dan bring Willie skokkende nuus oor Jack vir Engela.

  12. Strandloper 2 – Episode 109

    12 Min.Staffel 1 · Folge 109

    Oom Fred kry ʼn les in Afrikaaps by Dylan, en daar’s nog meer wat hom verras by die nuwe DYLANS. Willie bring ʼn geskenk wat Dylan se hart laat bokspring. Die nuus oor Jack se helikopter en die geheime besendings …

    Shownotes
    Oom Fred kry ʼn les in Afrikaaps by Dylan, en daar’s nog meer wat hom verras by die nuwe DYLANS. Willie bring ʼn geskenk wat Dylan se hart laat bokspring. Die nuus oor Jack se helikopter en die geheime besendings neem nuwe afmetings aan.
  13. Strandloper 2 – Episode 108

    12 Min.Staffel 1 · Folge 108

    Nicolien en Mauritz se besoek aan die strand herinner hulle aan vorige gelukkige tye saam. Nicolien kry ʼn oproep van Stefan met ʼn ongemaklike vraag. Toe sy Mauritz daaroor konfronteer, skok sy antwoord haar.

  14. Strandloper 2 – Episode 107

    13 Min.Staffel 1 · Folge 107

    Daar’s ʼn groot viering by Engela se huis en Visstok ontpop in ʼn ster. Tannie Ouvrou en Willie deel in die viering, en net toe dit lyk of dinge nie beter kan gaan nie, lui Engela se selfoon met ontstellende nuus.

  15. Strandloper 2 – Episode 106

    12 Min.Staffel 1 · Folge 106

    Tannie Ouvrou kry die skok van haar lewe toe ʼn onverwagte besoeker by die Son en See opdaag. So amper bederf Tant Betta ʼn groot verrassing vir Nicolien, wie se lewe dramaties verander toe die losieshuis se …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou kry die skok van haar lewe toe ʼn onverwagte besoeker by die Son en See opdaag. So amper bederf Tant Betta ʼn groot verrassing vir Nicolien, wie se lewe dramaties verander toe die losieshuis se spensdeur oopgaan.
  16. Strandloper 2 – Episode 105

    13 Min.Staffel 1 · Folge 105

    Nicolien draf Stefan by die hawe raak en hy gee haar ʼn meesterklas in die skuiwe wat hy, Willie en kaptein Van Niekerk die afgelope paar dae rondom die wrak en Jack se helikopter gemaak het. Stefan is nie …

    Shownotes
    Nicolien draf Stefan by die hawe raak en hy gee haar ʼn meesterklas in die skuiwe wat hy, Willie en kaptein Van Niekerk die afgelope paar dae rondom die wrak en Jack se helikopter gemaak het. Stefan is nie verniet ʼn baie goeie skaakspeler nie.
  17. Strandloper 2 – Episode 104

    13 Min.Staffel 1 · Folge 104

    Die stootskrapers is aan die werk by die hawe en ʼn deel van die ou Bloubaai verdwyn. Die dorpenaars probeer ʼn plan van aksie bymekaarsit vir ʼn ontstellende voorstel wat op die owerhede se tafel is. Stefan het …

    Shownotes
    Die stootskrapers is aan die werk by die hawe en ʼn deel van die ou Bloubaai verdwyn. Die dorpenaars probeer ʼn plan van aksie bymekaarsit vir ʼn ontstellende voorstel wat op die owerhede se tafel is. Stefan het nuwe planne rondom die wrak wat hy dophou.
  18. Strandloper 2 – Episode 103

    12 Min.Staffel 1 · Folge 103

    Tant Betta gee vir Dylan bestuurslesse op die verlate vliegveld. Sy gebruik die kans om meer van Estelle se doen en late te probeer uitvind. Gebeur daar meer dinge by die vliegveld as net bestuursklasse? Het …

    Shownotes
    Tant Betta gee vir Dylan bestuurslesse op die verlate vliegveld. Sy gebruik die kans om meer van Estelle se doen en late te probeer uitvind. Gebeur daar meer dinge by die vliegveld as net bestuursklasse? Het dit iets te doen met Jack se helikopter waarvan sy en Dylan in die pad is?
  19. Strandloper 2 – Episode 102

    12 Min.Staffel 1 · Folge 102

    Tannie Ouvrou is verstom oor die nuus wat Tant Betta oor Willie het. Engela moet vir Tannie Ouvrou ʼn baie ongemaklike opdrag namens Jack gee. Oom Fred verloor sy humeur oor Jack se optrede en hy maak ʼn …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou is verstom oor die nuus wat Tant Betta oor Willie het. Engela moet vir Tannie Ouvrou ʼn baie ongemaklike opdrag namens Jack gee. Oom Fred verloor sy humeur oor Jack se optrede en hy maak ʼn onrusbarende voorspelling.
  20. Strandloper 2 – Episode 101

    12 Min.Staffel 1 · Folge 101

    Engela en Visstok se gesellige braaivleis word deur Willie onderbreek … en Visstok moet dringend vertrek. Willie het nuus vir Engela oor sy toekoms wat haar sprakeloos laat.

  21. Strandloper 2 – Episode 100

    14 Min.Staffel 1 · Folge 100

    Waarheen jaag Nicolien op haar bromponie met Stefan wat agterop sit? Die skooljuffrou dink sy gaan Stefan verras met ʼn vonds op die strand, maar dis hy wat haar verras met sy toekomsplanne.

  22. Strandloper 2 – Episode 99

    11 Min.Staffel 1 · Folge 99

    Oom Fred en Tannie Ouvrou spekuleer opnuut oor die oorsaak van die dood van Mauritz se pa, asook die jongste nuus van Stefan. Maar daar’s niemand wat soveel nuus het as Tant Betta, die Bostelefoon, nie. Sy …

    Shownotes
    Oom Fred en Tannie Ouvrou spekuleer opnuut oor die oorsaak van die dood van Mauritz se pa, asook die jongste nuus van Stefan. Maar daar’s niemand wat soveel nuus het as Tant Betta, die Bostelefoon, nie. Sy verras Tannie Ouvrou met drie onthullings.
  23. Strandloper 2 – Episode 98

    11 Min.Staffel 1 · Folge 98

    Met Stefan se diep duik na die Santa Maria-wrak wag daar ʼn verrassing op hom wat dinge op land aan die beweeg sit. Met sy besoek aan ʼn sekere Oom Eric hoor hy ontstellende nuus oor Mauritz se pa se laaste duik.

  24. Strandloper 2 – Episode 97

    12 Min.Staffel 1 · Folge 97

    Stefan kry belangrike inligting by Visstok oor Lewies Deventer wat sy ondersoek na die dood van Mauritz se pa aanhelp. Uit Nicolien se dagboek blyk dit daar’s meer vrae as antwoorde oor haar biologiese pa …

    Shownotes
    Stefan kry belangrike inligting by Visstok oor Lewies Deventer wat sy ondersoek na die dood van Mauritz se pa aanhelp. Uit Nicolien se dagboek blyk dit daar’s meer vrae as antwoorde oor haar biologiese pa. Hoekom lieg Oom Jack vir haar?
  25. Strandloper 2 – Episode 96

    12 Min.Staffel 1 · Folge 96

    Engela se boekbekendstelling verloop nie sonder drama nie: Oom Fred kry ʼn besering, maar Jack de Wet sorg vir die grootste drama en die funksie loop die gevaar om in duie te stort. Dylan kom tot die redding.

  26. Strandloper 2 – Episode 95

    16 Min.Staffel 1 · Folge 95

    Dis begrafnistyd op Melkhoutfontein, en die inwoners en Bloubaaiers bring hulde aan ʼn geliefde karakter in ʼn roerende seremonie. Buite die kerk gee Willie vir Engela nuus oor sy planne vorentoe wat haar skok en …

    Shownotes
    Dis begrafnistyd op Melkhoutfontein, en die inwoners en Bloubaaiers bring hulde aan ʼn geliefde karakter in ʼn roerende seremonie. Buite die kerk gee Willie vir Engela nuus oor sy planne vorentoe wat haar skok en teleurstel.
  27. Strandloper 2 – Episode 94

    12 Min.Staffel 1 · Folge 94

    Visstok ondergaan ʼn gedaanteverwisseling. Hy wil Engela ʼn groot vraag vra en maak ʼn spesiale afspraak daarvoor, maar daar is ʼn misverstand. Die groot vraag van lank gelede bly steeds tussen hulle hang.

  28. Strandloper 2 – Episode 93

    13 Min.Staffel 1 · Folge 93

    Dylan gee vir Oom Fred belangrike inligting oor Shorty en Pikkewyn ná sy besoek aan Sun City die vorige aand. Hy is uitstekend ingelig – hy weet selfs wie die nuwe eienaar van DYLANS is. Betta bel met die …

    Shownotes
    Dylan gee vir Oom Fred belangrike inligting oor Shorty en Pikkewyn ná sy besoek aan Sun City die vorige aand. Hy is uitstekend ingelig – hy weet selfs wie die nuwe eienaar van DYLANS is. Betta bel met die jongste nuus oor gebeure by die vliegveld.
  29. Strandloper 2 – Episode 92

    13 Min.Staffel 1 · Folge 92

    Nicolien is nog in skok oor die nuus wat sy gekry het oor haar biologiese pa. Sy het baie vrae, maar met wie kan sy daaroor praat? Stefan verras haar met sy Harley, en dit word ʼn middag wat Nicolien lank sal onthou.

  30. Strandloper 2 – Episode 91

    11 Min.Staffel 1 · Folge 91

    Die dorp gons oor wie die nuwe eienaar van DYLANS gaan wees. Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met hulle spysenieringsopdragte: twee groot funksies op een dag! Nicolien kry skokkende nuus van Tannie Ouvrou.

Hier stehen die neuesten 60 von 120 Folgen. Ältere Folgen findest du im Feed des Podcasts.

Ähnliche Podcasts

Mehr Fiktion-Podcasts
Ist das dein Podcast?

Bestätige es mit einem Eintrag in deinem Feed: Du bekommst hier einen Code, trägst ihn als podcast:txt in den Kanal deines Feeds ein, und wir prüfen ihn. Danach steht dein Podcast als „verifiziert“ bei SoundNode.

Einstellungen

Darstellung

Sprache

Bestimmt, welche Sender dir auf der Startseite zuerst gezeigt werden.

Verlauf

Zuletzt gehörte Sender und Folgen und deine letzten Suchen liegen nur in diesem Browser.

Hinweise

Ein kurzer Hinweis, wenn ein Podcast, dem du folgst, eine neue Folge hat. Einzelne Podcasts stellst du über die Glocke auf ihrer Seite ab.

Konto

Favoriten speichern – in der App und auf der Website.

Tastenkürzel

/
Suche öffnen
Leertaste
Abspielen oder anhalten
← →
Im Player: 15 s zurück, 30 s vor (Folgen) · im Regal: nächste Kachel
↑ ↓
Im Regal: Ziel innerhalb der Kachel
Pos1 / Ende
Im Regal: erste bzw. letzte Kachel
Esc
Fenster oder Menü schließen
?
Diese Übersicht
Läuft gerade

Zur Senderseite

Als Nächstes

    Folgen mit „Als Nächstes“ vormerken – sie laufen nach der aktuellen Folge.