
Stephan Joubert | Keer dat jou siel sink
Notas do episódio
Wanneer hoop wegloop, is daar moeilikheid. Dit gebeur in Klaagliedere. Almal se hoop het die pad gevat. Maar dan ontdek die skrywer van Klaagliedere 3 dat God nie weg is nie. En dat sy siel nie mag sink nie. Hy leer om God weer raak te sien, die goeie God wat naby en vol ontferming is. Hy leer ook dat daar geen einde aan God se daaglikse trou en ontferming is nie. Dan wen hoop weer veld in sy lewe. Dan wen dit sy hart terug.