Skip to content

Van bak om te oorleef tot ‘n multi-miljoenrand koekie-“empire”. Depressie, MasterChef en Mondvol. | Andriëtte S1E7

June 17, 2026

Show notes

Welkom by Episode 7 van die She's Gutsy Podcast!

In hierdie episode gesels ons met die ongelooflike Andriëtte Georgiou. Sy is die stigter en eienaar van die geliefde Mondvol bakkery, die naaswenner van MasterChef Suid-Afrika (Seisoen 4), 'n voormalige musikant, en 'n ma.

Ons gesels eerlik oor haar reis van oorlewing na sukses. In 2021 is Andriëtte weens die pandemie afgedank, en het sy uit absolute nood begin koeke bak net om die huur te betaal en die ligte aan te hou. Daardie oorlewingsmeganisme het gelei tot 'n onverwagse MasterChef-reis en uiteindelik Mondvol, 'n handelsmerk wat nou duisende koekies per dag uit 'n fabriek in die Kaap lewer.

Ons praat oor die realiteit agter die skerms: die donker dae van depressie, die "messy middle" van 'n besigheid skaal saam met ma-wees, en hoekom leierskap met 'n "sagte hart" haar grootste superkrag as 'n vroulike stigter is.

Hierdie is nie 'n stywe onderhoud nie; dit is 'n ware, "unscripted" gesprek oor moed, weerloosheid en hoe 'n massiewe terugslag eintlik die begin van jou ware roeping kan wees. Gryp 'n koppie koffie (en dalk 'n Mondvol koekie!), en sluit by ons aan vir 'n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.

Maak seker jy subscribe sodat jy nooit 'n gesprek misloop nie! Ons sal ook baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste "takeaway" uit Andriëtte se storie?

All episodes of She’s Gutsy

Settings

Display

Language

Decides which stations you see first on the home page.

History

Recently played stations and episodes and your latest searches are only stored in this browser.

Notifications

A short notice when a podcast you follow has a new episode. Turn off single podcasts with the bell on their page.

Account

Save favorites – in the app and on the website.

Keyboard shortcuts

/
Open search
Space
Play or pause
← →
In the player: back 15 s, forward 30 s (episodes) · in a row: next tile
↑ ↓
In a row: target within the tile
Home / End
In a row: first or last tile
Esc
Close window or menu
?
This overview
Now playing

Go to station page

Play next

    Add episodes with “Play next” – they play after the current episode.