
Die bankroof – ’n vervolgverhaal
- Episodios
- 60
- Formato
- Serie: escúchala desde el principio
- Último episodio
- 19 Jun 2026
Sobre el podcast
Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis. Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word. Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip. Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.
Participantes
- Joe Kleinhans, Bettie KempPresentación
Episodios 60
[Slot-episode] Die bankroof – Episode 60
Die kaptein se “gutfeel” lei hom na ʼn huis wat Rachel na haar asem laat snak. Twee polisiemotors daag op met ʼn lasbrief om die kaptein by te staan. Die laaste hoofstuk van die bankroof hou ʼn skok of twee in.
Die bankroof – Episode 59
Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op …
Notas del episodio
Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op en gee ʼn nuwe wending aan die verloop van sake.Die bankroof – Episode 58
Daar is ʼn hand vol naskokke ná die tragiese gebeure in Potpourri. Magriet kom haal Nettie en voel skuldig oor die gebeure. Onverwags word daar links en regs nuwe vennootskappe aangebied.
Die bankroof – Episode 57
Dit gons in Maraisburg oor die man in die tronk se vertellings. Nettie loop benoud rond. Die feit dat Magriet los en vas oor die video by die verkeerde plek gepraat het, spook by haar.
Die bankroof – Episode 56
Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van …
Notas del episodio
Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van die bankroof te bevestig. Wat het van Sally Bruinders geword?Die bankroof – Episode 55
Magriet sukkel om te verduidelik hoekom sy na Voorsitter Philip Putter se kantoor toe is om aan die leeu se baard te gaan vat. Vincent is nie verniet onrustig nie. Hy kry ʼn besoek wat hom laat skrik. ʼn …
Notas del episodio
Magriet sukkel om te verduidelik hoekom sy na Voorsitter Philip Putter se kantoor toe is om aan die leeu se baard te gaan vat. Vincent is nie verniet onrustig nie. Hy kry ʼn besoek wat hom laat skrik. ʼn Skokkende aankondiging tref Maraisburg.Die bankroof – Episode 54
Shirley is ontsteld en Vincent probeer help, maar daar’s ʼn gekonkel. Vincent hoor ontstellende nuus wat hom noodsaak om te ry en die feite te gaan verifieer.
Die bankroof – Episode 53
Die kaptein stap ongenooid by Philip se Voorsitterskantoor in en ontstel hom met drie dringende sake. Waaroor gons dit skielik op die dorp en laat al wat ʼn joernalis is na net een spesifieke plek jaag?
Die bankroof – Episode 52
Shirley se missie in Kaapstad, om met Gert Greef in die gevangenis te praat, mag alleen gebeur sonder dat Rachel by is. Die missie en gesprek lewer ʼn rits skokke op.
Die bankroof – Episode 51
Juliana het genoeg gehad van haar vennoot met sy “breinfloutes”. Hy ontgeld dit. Die foto’s wat Nettie in Philip se kelderverdieping geneem het, kom nou na vore. Shirley word na Kaapstad ontbied vir ʼn …
Notas del episodio
Juliana het genoeg gehad van haar vennoot met sy “breinfloutes”. Hy ontgeld dit. Die foto’s wat Nettie in Philip se kelderverdieping geneem het, kom nou na vore. Shirley word na Kaapstad ontbied vir ʼn belangrike ontmoeting.Die bankroof – Episode 50
Juliana wil Magriet help. Vincent loop hom vas op Kleinbult. Nettie kry onverwags ʼn uitnodiging wat haar op haar voete laat dink. Met haar besoek aan Philip se wynkelder vat sy ʼn gaping soos ʼn ware spioen.
Die bankroof – Episode 49
Shirley kry welkome hulp, maar terselfdertyd ʼn mondvol inligting wat haar op die verkeerde voet betrap. Magriet draai weer ʼn keer voor die tronkdeure om. Die skokke is nog lank nie verby vir Shirley nie.
Die bankroof – Episode 48
Juliana se groot dag breek aan. Die Julies Garage word ingewy. Een gelukkige gas by die spoggeleentheid wen ʼn splinternuwe motor. ʼn Ongenooide gas daag op. Wie ontmoet mekaar buite die tent vir ʼn gesprek?
Die bankroof – Episode 47
Shirley hoor uiteindelik die waarheid, en sy is stukkend. Rachel betrek vir Magriet as haar hulp-in-nood. ʼn Gesprek in die park tussen Magriet en Shirley neem die bankroof in ʼn nuwe rigting.
Die bankroof – Episode 46
Philip hou nie daarvan dat die kaptein hom in sy Voorsitterskantoor besoek nie – en dit agter ʼn toe deur. Rachel keer uiteindelik terug vanaf Kaapstad. Haar inligting werp nuwe lig op die ondersoek na die bankroof.
Die bankroof – Episode 45
Die kaptein is ongelukkig omdat Rachel in Kaapstad vashaak en niks van haar laat hoor nie. Sy verras hom met ʼn paar brokkies interessante nuus. Hy kry ʼn skok wat hom soos vuishou in die maag tref.
Die bankroof – Episode 44
Juliana is opnuut geskok, toe sy Vincent in die hospitaal besoek. Die dag breek aan waarop die nuwe voorsitter van die Sakekamer verkies moet word. Daar is nuus oor die koeël waarmee die burgemeester geskiet is.
Die bankroof – Episode 43
Shirley deel, met die beste bedoelings, fluks raad uit. Maar soms bring raad nie goeie resultate nie. Iemand raak soek, en dit sorg vir groot bekommernis en konsternasie.
Die bankroof – Episode 42
Rachel Wolvaardt is op die oorlogspad, en die kaptein moet dit ontgeld. Philip gaan stap ʼn draai en sien iets wat hom na sy selfoon laat gryp om dit op kamera vas te lê. Maar dis nie al wat Philip ontstel nie.
Die bankroof – Episode 41
Op die oggend van die onthullingseremonie kom Juliana en Nettie agter daar is groot fout: Magriet antwoord nie haar selfoon nie. Nettie kry ʼn aanbod wat haar verras.
Die bankroof – Episode 40
Die bankrower laat weer van hom hoor met ʼn dik koevert vol ontstellende foto’s. Die groot vraag is: Uit wie se sluitkissie kom die foto’s?
Die bankroof – Episode 39
Maraisburg kan nie uitgepraat raak oor die jongste ontdekking in Kleinbult nie. Vincent het sy bedenkinge hieroor. Hy kry ʼn oproep met ʼn uitnodiging wat hom verras.
Die bankroof – Episode 38
Juliana en Philip stamp nog ʼn keer koppe. Philip kry ʼn besoek op Carpe Diem wat hom verras. Dit dwing hom om deel te word van ʼn besoek aan ʼn huis in Kleinbult. Dié gebeure sorg vir ʼn opskudding op Maraisburg.
Die bankroof – Episode 37
Vincent kry ʼn onverwagse opdrag wat dringend afgehandel moet word. Prokureur Louis Ludik bly om verskeie redes op Rachel se radar. Sy vind belangrike dinge uit oor Louis.
Die bankroof – Episode 36
Daar is ʼn hand vol onbeantwoorde vrae oor die Fanie Manders Hulpfonds wat Rachel laat kopkrap. Sy bedink ʼn plan om Philip in eie munt terug te betaal.
Die bankroof – Episode 35
Joernalis Rachel Wolvaardt is besig om te krap waar dit ongemaklik raak. Sy is dringend op die spoor van prokureur Louis Ludik. Met watter belangrike inligting kom sy terug uit die Kaap?
Die bankroof – Episode 34
Magriet word na die polisiestasie ontbied. Nes sy dink sy gaan vir moord gearresteer word, daag hulp op. Die komende onthulling van Fanie en Pauline se standbeeld sorg steeds vir groot ongelukkigheid.
Die bankroof – Episode 33
Juliana sorteer haar saak met Nettie uit op ʼn manier wat Nettie verstom. Nettie kry ʼn oproep met ʼn aanbod wat haar eweneens stom laat. Juliana het allermins vergeet wie die dolk met die verkiesing in haar rug gedruk het.
Die bankroof – Episode 32
Shirley stel grense en besluit om drasties op te tree. Die bohaai oor die uitslag van die verkiesing wil nie gaan lê nie. Die volgende berugte koevert van die bankrower word afgelewer.
Die bankroof – Episode 31
Magriet Manders ontgeld dit toe die Kaptein by haar kantoor instorm. Die teksboodskap wat die burgemeester kort voor sy dood ontvang het, laat ʼn geskarrel ontstaan. Magriet kry onverwags hulp oor die standbeeld.
Recomendado por Die bankroof – ’n vervolgverhaal
Podcasts similares
Más podcasts de Ficción¿Es tu podcast?
Confírmalo con una entrada en tu feed: aquí recibes un código, lo añades como podcast:txt en el canal de tu feed y nosotros lo comprobamos. Después tu podcast aparecerá como «verificado» en SoundNode.





