
Johan Smith | God kies jou ... ten spyte van ...
Shownotes
Elke mens, ook ek en jy, het nou eenmaal die geneigdheid om ons blind te staar teen die realiteit van ons foute, tekortkominge en verkeerde keuses. Ja, jy maak foute, maar God…….. Hy is jou Vader wat jou steeds kies, wat jou steeds aanvaar, wat jou altyd sal liefhê ten spyte van jouself en al jou tekortkominge en soms dwase besluite en optrede. Kry nuwe hoop! Kry nuwe inspirasie! Ons dien ‘n wonderlike God.