
Kerksondermure (KSM)
- Folgen
- 149
- Erscheint
- wöchentlich
- Letzte Folge
- 9. Nov. 2026
Über den Podcast
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Folgen 149
Gerrit Visser | Die God wat almal verbaas het
Ons dien ‘n God wat anders is. Hy is die God wat almal verbaas het, en dit steeds doen. Teenoor ons verwagtinge van die lewe en God is daar Sy wil en die manier wat Hy Homself openbaar. Om die Jesuslewe te …
Shownotes
Ons dien ‘n God wat anders is. Hy is die God wat almal verbaas het, en dit steeds doen. Teenoor ons verwagtinge van die lewe en God is daar Sy wil en die manier wat Hy Homself openbaar. Om die Jesuslewe te ontdek en te groei as Sy dissipel is om te verstaan wat agter jou verwagtinge skuil, en hoe groot Sy liefde vir jou is.
Johan Smith | God kies jou ... ten spyte van ...
Elke mens, ook ek en jy, het nou eenmaal die geneigdheid om ons blind te staar teen die realiteit van ons foute, tekortkominge en verkeerde keuses. Ja, jy maak foute, maar God…….. Hy is jou Vader wat jou steeds …
Shownotes
Elke mens, ook ek en jy, het nou eenmaal die geneigdheid om ons blind te staar teen die realiteit van ons foute, tekortkominge en verkeerde keuses. Ja, jy maak foute, maar God…….. Hy is jou Vader wat jou steeds kies, wat jou steeds aanvaar, wat jou altyd sal liefhê ten spyte van jouself en al jou tekortkominge en soms dwase besluite en optrede. Kry nuwe hoop! Kry nuwe inspirasie! Ons dien ‘n wonderlike God.
Stephan Joubert | Keer dat jou siel sink
Wanneer hoop wegloop, is daar moeilikheid. Dit gebeur in Klaagliedere. Almal se hoop het die pad gevat. Maar dan ontdek die skrywer van Klaagliedere 3 dat God nie weg is nie. En dat sy siel nie mag sink nie. Hy …
Shownotes
Wanneer hoop wegloop, is daar moeilikheid. Dit gebeur in Klaagliedere. Almal se hoop het die pad gevat. Maar dan ontdek die skrywer van Klaagliedere 3 dat God nie weg is nie. En dat sy siel nie mag sink nie. Hy leer om God weer raak te sien, die goeie God wat naby en vol ontferming is. Hy leer ook dat daar geen einde aan God se daaglikse trou en ontferming is nie. Dan wen hoop weer veld in sy lewe. Dan wen dit sy hart terug.
Johan Smith | Jesus stuur ons om mooi te maak
Ja, ons weet teen die tyd: Jesus maak die wêreld ‘n beter en mooier plek. Nou stuur Hy jou en my om dit saam met Hom te doen. Dit het baie praktiese, hande-en-voete implikasies vir jou lewe elke dag. Luister …
Shownotes
Ja, ons weet teen die tyd: Jesus maak die wêreld ‘n beter en mooier plek. Nou stuur Hy jou en my om dit saam met Hom te doen. Dit het baie praktiese, hande-en-voete implikasies vir jou lewe elke dag. Luister gerus saam na die praktyk van ons wat die wêreld ‘n beter en mooier plek maak saam met Jesus. Dis ‘n uitdaging – kom ons aanvaar dit en gaan leef dit!
Neels Marais | Jesus maak ons saam mooi
Konflik in gesinne en families is deel van ons lewe. Soms is die bakleiery so erg dat ons op ‘n punt kom waar ons gewoon net sê: “Ek gee nie meer om nie” of “Ek worry nie meer oor daai persoon nie.” Tog kry ons …
Shownotes
Konflik in gesinne en families is deel van ons lewe. Soms is die bakleiery so erg dat ons op ‘n punt kom waar ons gewoon net sê: “Ek gee nie meer om nie” of “Ek worry nie meer oor daai persoon nie.” Tog kry ons die opdrag dat ons versoening moet najaag. In Jesus se woorde: “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.” Christus se liefde dring ons, want aan ons is die bediening van versoening opgelê.
Fanie Venter | Jesus maak ons saam mooi
Die wêreld word mooier wanneer verhoudings mooier word. In hierdie boodskap gaan ons ontdek hoe Jesus wat sy volgelinge se voete was, hierdie stelling waar maak.
Johan Smith | Jesus leer ons mooi sien
Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die …
Shownotes
Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die wêreld ‘n mooier en beter plek vir jouself en ander te maak. Kom leer om te sien soos Jesus sien.
Stehan Joubert | Kyk mooier: Kyk lewende water in lewende lywe raak
Jesus vat kortpad deur Samaria. Nee Hy moet! Hy het ‘n afspraak met die “verkeerde” persoon - ‘n Samaritaanse vrou by die put van Sigar wat nie juis bekend is vir haar mooi sedelike lewe nie. Jesus sien haar …
Shownotes
Jesus vat kortpad deur Samaria. Nee Hy moet! Hy het ‘n afspraak met die “verkeerde” persoon - ‘n Samaritaanse vrou by die put van Sigar wat nie juis bekend is vir haar mooi sedelike lewe nie. Jesus sien haar egter in genade raak. Hy wys vir haar sy is in die teenwoordigheid van God Self. Haar lewe word nuut. Dadelik meld sy aan in God se diens as sy vir almal in haar dorp gaan vertel Wie sy ontmoet het. Die gevolg is dat almal daar ook ontdek Jesus is die Redder van die wêreld.
Colin Smith | Ontdek die Jesus wat mooi maak in die nag
Hoe donker is donker werklik? Hierdie week gaan loer ons in op ‘n gesprek wat in die nag plaasgevind het en ontdek ons die Jesus wat mooi maak – selfs daar in die NAG van iemand wat verward is, nuuskierig is …
Shownotes
Hoe donker is donker werklik? Hierdie week gaan loer ons in op ‘n gesprek wat in die nag plaasgevind het en ontdek ons die Jesus wat mooi maak – selfs daar in die NAG van iemand wat verward is, nuuskierig is, aangespreek word en uiteindelik ‘n keuse maak...
Stefan Fourie | Jesus maak ons mooi
Wie is Jesus – en wat doen Hy met ’n mens se lewe? Jesus is meer as net ’n goeie mens of ’n profeet. Hy is God wat mens geword het – die Lig wat in ons donkerte inkom om ons nuut te maak. Kom ontdek hoe Jesus …
Shownotes
Wie is Jesus – en wat doen Hy met ’n mens se lewe? Jesus is meer as net ’n goeie mens of ’n profeet. Hy is God wat mens geword het – die Lig wat in ons donkerte inkom om ons nuut te maak. Kom ontdek hoe Jesus ons mooi maak.
Stefan Fourie | Nuwe mense, leef nuut.
Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense …
Shownotes
Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense rondom hulle. Hoekom? Want die wêreld word ‘n beter plek wanneer mense in Jesus glo.
Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 5 en 6
Ons leef in ‘n wêreld wat sê jou identiteit het iets ekstra nodig. Wie jy is, + goeie lewe, Wie jy is, + geld? Galasiërs het nuus wat ons vry maak: Jou identiteit is in Christus, en dit help jou nuut dink oor …
Shownotes
Ons leef in ‘n wêreld wat sê jou identiteit het iets ekstra nodig. Wie jy is, + goeie lewe, Wie jy is, + geld? Galasiërs het nuus wat ons vry maak: Jou identiteit is in Christus, en dit help jou nuut dink oor die + in jou lewe.
Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 4
Heel dikwels is ons alleen, gedaan en moeg. Soms kry ons seer, ons verkeer in pyn en ander kere weer is ons beangs en benoud. In sulke tye is dit vertroostend en bemoedigend dat ons die Here God as Vader kan …
Shownotes
Heel dikwels is ons alleen, gedaan en moeg. Soms kry ons seer, ons verkeer in pyn en ander kere weer is ons beangs en benoud. In sulke tye is dit vertroostend en bemoedigend dat ons die Here God as Vader kan aanspreek. Die Gees van Jesus wat in ons harte is, stel ons in staat om na God as Abba, Vader uit te roep. God is ons Hemelse Vader en het ons net so lief soos wat Hy sy Seun het.
Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 4
Die Evangelie (die Goeie nuus oor Jesus) is so mooi! Paulus wys ons in Galasiërs 4 dat hoe dieper mens delf in die Evangelie, hoe mooier word dit. Kom ontdek in hierdie boodskap saam met ons die skoonheid van …
Shownotes
Die Evangelie (die Goeie nuus oor Jesus) is so mooi! Paulus wys ons in Galasiërs 4 dat hoe dieper mens delf in die Evangelie, hoe mooier word dit. Kom ontdek in hierdie boodskap saam met ons die skoonheid van die Evangelie.
Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3
Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek …
Shownotes
Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek hulle identiteit in werke en die wet. Hy wat Paulus is, het die Evangelie aan hulle “geskilder” en vertel, maar hulle verkies om die wet-pad te loop. Maak seker jy hoor Paulus se hart en waarheid duidelik en verstaanbaar. Dis werklik lewensbelangrik vir jou en my.
Stefan Fourie | Word wie jy is – Galasiërs 3
God se wiskunde werk anders as ons wiskunde. As ons in ons gedagte iets by iets plus, kom ons by ‘n groter en beter plek uit, maar God se wiskunde werk nie so nie. As ons iets bytel by wat God gedoen het, dan …
Shownotes
God se wiskunde werk anders as ons wiskunde. As ons in ons gedagte iets by iets plus, kom ons by ‘n groter en beter plek uit, maar God se wiskunde werk nie so nie. As ons iets bytel by wat God gedoen het, dan trek ons eintlik af. In hierdie boodskap hoor ons wat Paulus bedoel in Galasiërs 3 wanneer hy vir Jesus-volgelinge vra: “Wie het julle getoor?”
Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 2
Dit is ‘n pragtige Bybelse gedagte om God te wil tevrede stel, om Hom te behaag. In Gal. 2 ontdek ons dat daar ‘n verkeerde en regte manier is, om dit te probeer doen.
Stephan Joubert | Goeie (en minder goeie) mense benodig godsdiens, begenadigdes benodig Christus
Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet …
Shownotes
Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet God se guns probeer wen deur gehoorsaamheid aan sy voorskrifte.
Paulus was ook deel van so 'n hoogs-kompeterende godsdiens. Die meetinstrument was die wet van God. Paulus het gemeen hy was goed genoeg wanneer hy deur die wet gemeet is. Baie van ons meen weer ons is nooit goed genoeg wanneer die wet ons meet nie. Feit is, die wet is nie meer die regte meetinstrument nie. Christus het die hemelse prestasiemeting namens ons hier aan die kruis kom doen, Hy het gedoen wat die wet vra, en nog meer. Hy het alles gedoen wat ons nie self kan doen nie. Nou spreek God ons vry omdat ons in Christus glo. Nou is ons nuwe mense wat vry is van daardie alewige prestasiemetings van die wet. Ons is gekruisigdes wat leef in die genade en vryheid wat net Christus bied.
Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 1
Elkeen van ons vra van jongs af vrae oor wie ek is. In elke seisoen van die lewe speel daardie vrae verskillend uit in ons lewens. Galasiërs help ons om iets te ontdek van hoe om te word wie ons is. Paulus kon …
Shownotes
Elkeen van ons vra van jongs af vrae oor wie ek is. In elke seisoen van die lewe speel daardie vrae verskillend uit in ons lewens. Galasiërs help ons om iets te ontdek van hoe om te word wie ons is. Paulus kon getuig dat Jesus sy lewe verander het, en ons kan dit vandag ook doen.
Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 1
Wie definieer ons? Watter hoofstuk in ons lewe het die finale sê oor ons lewe? Paulus leer ons dat ons slegste en donkerste hoofstuk ons nie hoef te definieer nie. Die Here het die finale sê oor ons én in Sy …
Shownotes
Wie definieer ons? Watter hoofstuk in ons lewe het die finale sê oor ons lewe? Paulus leer ons dat ons slegste en donkerste hoofstuk ons nie hoef te definieer nie. Die Here het die finale sê oor ons én in Sy grootheid en liefde kan Hy ons lewenstorie vat en dit omvorm in ‘n verhaal wat Sy Naam verheerlik. In Sy lig kan ons onsself sien soos Hy ons sien.
Johan Smith | Vriende maak seer
Vriendskap is goud werd. Goeie vriende is onontbeerlik in jou en my lewe. Daardie vriend of vriendin wat nader is as ‘n broer of suster leer Salomo ons so mooi in Spreuke. Maar dan: daardie ontnugtering as een …
Shownotes
Vriendskap is goud werd. Goeie vriende is onontbeerlik in jou en my lewe. Daardie vriend of vriendin wat nader is as ‘n broer of suster leer Salomo ons so mooi in Spreuke. Maar dan: daardie ontnugtering as een van hierdie vriende, vriendinne jou seermaak of te na kom. Daardie onverwagse en onnodige dolksteek is ongelukkig deel van die lewe. Kom ons leer uit hierdie boodskap van die realiteit hiervan. Hoeveel van Jesus se binnekring het hom seergemaak? Hoe het Hy dit hanteer?
Colin Smith | Wanneer vriende seermaak
Hoe gemaak as iemand die naaste aan jou, jou seer maak? Wanneer jou hart in twee wil skeur en jou wêreld skielik baie onveilig voel. Jesus weet en daarom staan ons dié week stil by Hom op die aande tot Hy ‘n …
Shownotes
Hoe gemaak as iemand die naaste aan jou, jou seer maak? Wanneer jou hart in twee wil skeur en jou wêreld skielik baie onveilig voel. Jesus weet en daarom staan ons dié week stil by Hom op die aande tot Hy ‘n paar keer bitter seer gemaak is deur hulle die naaste aan Hom.
Stefan Fourie | Vriende wat stilbly
In Job se verhaal, kan ons baie leer oor hoe vriende moet en nié moet optree nie. In hierdie verhaal sien ons hoe hulle eers baie goed begin, maar dan later nie die beste voorbeeld van ‘n vriend is nie. In …
Shownotes
In Job se verhaal, kan ons baie leer oor hoe vriende moet en nié moet optree nie. In hierdie verhaal sien ons hoe hulle eers baie goed begin, maar dan later nie die beste voorbeeld van ‘n vriend is nie. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit is.
Johan Smith | Vriende wat stilbly: Job
Vriendskap is gewoonlik ‘n heerlike ding en saam met vriende is die lewe gewoonlik een groot fees. MAAR dan kom daardie tye van seer, pyn en beproewing in ‘n vriend se lewe – daardie tye wat jy wonder: Wat doen …
Shownotes
Vriendskap is gewoonlik ‘n heerlike ding en saam met vriende is die lewe gewoonlik een groot fees. MAAR dan kom daardie tye van seer, pyn en beproewing in ‘n vriend se lewe – daardie tye wat jy wonder: Wat doen ek? Wat sê ek? Hoe moet ek optree? Kom ons leer by Job se vriende (en ander) hoe om hierdie reg te doen. A friend in need is a friend indeed. Kom leer om werklik so ‘n vriend te wees.
Colin Smith | Vriende vat jou na Jesus toe
“Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms” lui die woorde... maar watter toekoms praat ons van? Hierdie week staan ons stil by vier manne wat ware vriende is, en juis waarom ons elkeen sulke vriende nodig …
Shownotes
“Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms” lui die woorde... maar watter toekoms praat ons van? Hierdie week staan ons stil by vier manne wat ware vriende is, en juis waarom ons elkeen sulke vriende nodig het, en sulke vriende moet wees.
Fanie Venter | Vriende vat jou na Jesus toe
In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaroor te gesels. In die verhaal van Markus 2 is daar ‘n paar belangrike ontdekkings oor vriendskap. Die duidelikste ontdekking is dalk op ‘n plek …
Shownotes
In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaroor te gesels. In die verhaal van Markus 2 is daar ‘n paar belangrike ontdekkings oor vriendskap. Die duidelikste ontdekking is dalk op ‘n plek waar ons dit nie sou verwag nie
Stephan Joubert | Gee my jou laste
Vriendskap is lojaliteit. By Rut leer ek dat dit alles van my vra. Ek gee myself vir my vriende. Ek beskerm hulle rug, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het. Ek dra hulle laste, soos wat die Bybel van my vra …
Shownotes
Vriendskap is lojaliteit. By Rut leer ek dat dit alles van my vra. Ek gee myself vir my vriende. Ek beskerm hulle rug, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het. Ek dra hulle laste, soos wat die Bybel van my vra. Ek is self bereid om al die goeie plekke in die lewe, en selfs my eie lewe, vir hulle te ruil.
Neels Marais | Vriende wat ons naby aan die HERE hou
Naomi moedig Rut aan om in Moab agter te bly waar sy familie, sekuriteit en 'n toekoms het, maar Rut kies om saam met Naomi te gaan, al weet sy dit kan haar álles kos. Haar woorde wys dat sy nie net van Israel …
Shownotes
Naomi moedig Rut aan om in Moab agter te bly waar sy familie, sekuriteit en 'n toekoms het, maar Rut kies om saam met Naomi te gaan, al weet sy dit kan haar álles kos. Haar woorde wys dat sy nie net van Israel se God gehoor het nie, maar reeds die verbondsnaam Jahwe gebruik, wat wys op 'n persoonlike verhouding met God; daarom kies sy om by Naomi en by God se volk te bly sodat haar geloof kan groei.
Gerrit Visser | Vriendskap as verbintenis
Rut en Naomi is meer as familie. Hul verbintenis word ‘n vriendskap waarin elkeen kan leer om saam te groei oor generasies heen.
Stephan Joubert | Tyd vir 'n dringende taalkursus by die Here!
Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom moet ons leer om reg te praat. Dit vra meer as om net nie lelik te praat nie. Ons praat …
Shownotes
Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom moet ons leer om reg te praat. Dit vra meer as om net nie lelik te praat nie. Ons praat reg as ons die Here verheerlik en ander mense opbou met ons taal. Daarom skryf ons graag in vir 'n Bybelse taalkursus by die Here
Hier stehen die neuesten 40 von 149 Folgen. Ältere Folgen findest du im Feed des Podcasts.
Ähnliche Podcasts
Mehr Religion und Spiritualität-PodcastsIst das dein Podcast?
Bestätige es mit einem Eintrag in deinem Feed: Du bekommst hier einen Code, trägst ihn als podcast:txt in den Kanal deines Feeds ein, und wir prüfen ihn. Danach steht dein Podcast als „verifiziert“ bei SoundNode.

