
Neels Marais | Jesus maak ons saam mooi
Shownotes
Konflik in gesinne en families is deel van ons lewe. Soms is die bakleiery so erg dat ons op ‘n punt kom waar ons gewoon net sê: “Ek gee nie meer om nie” of “Ek worry nie meer oor daai persoon nie.” Tog kry ons die opdrag dat ons versoening moet najaag. In Jesus se woorde: “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.” Christus se liefde dring ons, want aan ons is die bediening van versoening opgelê.