
Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 4
Shownotes
Heel dikwels is ons alleen, gedaan en moeg. Soms kry ons seer, ons verkeer in pyn en ander kere weer is ons beangs en benoud. In sulke tye is dit vertroostend en bemoedigend dat ons die Here God as Vader kan aanspreek. Die Gees van Jesus wat in ons harte is, stel ons in staat om na God as Abba, Vader uit te roep. God is ons Hemelse Vader en het ons net so lief soos wat Hy sy Seun het.