
Klankgolwe: Weg! Stories
- Folgen
- 54
- Erscheint
- wöchentlich
- Letzte Folge
- 12. Nov. 2026
Über den Podcast
Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans. Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.
Mitwirkende
- Francois HaasbroekModeration
Folgen 54
54. Op vellies vertrou ek. Met Sophia van Taak
Met watter soort skoene stap jy die lewe tegemoet? Sophia van Taak is seker van haar saak: vellies.
53. Dinge wat jy nié in die bos mis nie. Met Toast Coetzer
Wanneer jy terugkeer stad toe ná 'n lang ruk in die bos, is daar 'n rits dinge wat jy skielik besef jy glad nie gemis het nie.
52. Die Boeddha van bakkie-ry. Met Evan Naudé
Is jy benoud wanneer jy iewers in die veld alleen in jou bakkie ry? Hier is drie stappe tot innerlike vrede wanneer jy met 'n bakkie die boendoes invaar.
51. Waar slaap jy vanaand? Met Toast Coetzer
Op 'n reis uit die Kalahari na Kaapstad tob Toast Coetzer oor die lewe en sy draaie.
50. The Good, The Bad... en die blouaap. Met Evan Naudé
Moenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild soek.
49. So byna was ek 'n Himba. Met Sophia van Taak
Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras.
48. Wat is cool? Met Toast Coetzer
Dis goed om “cool” te wees, maar nie te cool nie. Maar hoe weet jy wanneer jy cool is? Of te cool? Of nie cool genoeg nie?
47. Om 'n boomhuis te bou. Met Francois Haasbroek
Toe jy nog 'n laaitie was, het jy óf 'n boomhuis gehad óf jy wou een hê. Luister hier hoe jy een bou.
46. As Moeder Natuur haar strip. Met Evan Naudé
In ’n mens se jeug vang jy dinge aan waaroor jy nou lag, maar wat jy nie sommer weer wil beleef nie. Evan Naudé onthou ’n kampvakansie toe Moeder Natuur hom deeglik beproef het.
45. Met 'n Cortina en 'n Gypsey op 'n plaaspad. Met Zigi Ekron
Lank voor die eerste boendoe-karavaan bestaan het, het Zigi Ekron se pa met ’n gewone Gypsey gery waar min 4x4’s dit sou waag.
44. Op die spoor van James Bond. Deur Dana Snyman
Om te reis is nie altyd maklik of lekker nie. Soms is dit spanningsvol – soos wanneer jy skool “bunk” om ’n James Bond-fliek te gaan kyk.
43. 'n Ding wat ruk. Met Evan Naudé
Tussen die manne moet jy darem jou manlikheid kan handhaaf, maar dis makliker gesê as gedaan wanneer jy ’n nuwe vaardigheid moet aanleer. Vir die 4x4-groentjie Evan Naudé was dit ’n ruk-ruk ervaring om sy …
Shownotes
Tussen die manne moet jy darem jou manlikheid kan handhaaf, maar dis makliker gesê as gedaan wanneer jy ’n nuwe vaardigheid moet aanleer. Vir die 4x4-groentjie Evan Naudé was dit ’n ruk-ruk ervaring om sy eerste opleiding agter die rug te kry.42. Die les van 'n gebore kampeerder. Met Zigi Ekron
’n Mens hoef nie ’n gebore kampeerder te wees nie – jy moet net deeglik kan pak, sê Zigi Ekron.
41. Die nonne in Etosha. Met Sophia van Taak
’n Non bly ’n effens ongewone verskynsel. Dis soms moeilik om te glo dat hulle ook hou van toer en wildkyk, sê Sophia van Taak.
40. Die nag van die snorkes. Met Evan Naudé
’n Nag onder die sterre kan heerlik wees, maar dan moet jy die regte geselskap hê. Of oorpluisies, het Evan Naudé uitgevind.
39. Ken jy die tipe? Met Zigi Ekron
Daar is meer as een soort tipiese kampeerder en as jy mooi kyk sal jy hulle om jou raaksien; dalk selfs op jou eie staanplek, sê Zigi Ekron.
38. Etosha... waar die leeus Afrikaans verstaan. Deur Piet Grobler
Piet Grobler, destyds ’n wildbewaarder in Etosha, beweer hy was op sy dag die wêreld se vinnigste man te perd. Só het hy dit reggekry.
37. 'n Bondige gids vir nie-voëlkykers. Deur Schalk Kotze
Vir voëlkykers is daar nie medisyne nie, sê Schalk Kotzé. Daarom deel hy ’n paar wenke met die oog op ’n gelukkige huwelik.
36. Sweef soos 'n... arend? Met Jaco Kirsten
Jy hoef nie baie geld te hê om aan avontuursport deel te neem nie. Die avontuur wat jy kry, is soms net effens anders as wat jy verwag het.
35. 'Full throttle' op vakansie, Met Sophia van Taak
’n Seevakansie is nie volmaak sonder ’n stukkie vis oor die kole nie. En die kole is nie werklik kole as daar nie ’n paar stories en grappe vertel word nie, glo Sophia van Taak.
34. Van vele vure. Met Toast Coetzer
Almal ken ’n braaivleisvuur, maar wat is ’n staanvuur? Hoe benut jy ’n kookvuur? Wanneer raak ’n braaivuur ’n kuiervuur? Ken jy jou Suid-Afrikaanse vure?
33. Kersfees kom vroeg in die Diep-Karoo. Deur Dana Snyman
Dana Snyman se Datsun Pulsar breek op Oukersaand in die platteland – en hy beleef ’n Kersfees met ’n verskil.
32. Die nag toe ek blind geword het. Met Jaco Kirsten
’n Geel motorfiets, ’n kronkelrige agterpaadjie, ’n stikdonker nag... en jy’t ’n resep vir moeilikheid. En ’n wonderwerk. Jaco Kirsten vertel.
31. Vryheid is 'n fiets. Met Leon-Ben Lamprecht
Min dinge is meer sorgeloos as ’n kind op ’n fiets. Onthou jy nog jou eerste fiets, en die eerste keer toe jy jou hande van die handvatsels gehaal het en uitgeroep het: “Ma, kyk!”
30. Grondpad na 'n gesonde lewe. Met Sophia van Taak
Die wêreld gaan net al hoe doller aanhou tol. Jy moet self besluit: Genoeg is genoeg, ek sal moet afrat vir sielsbehoud. Sulke tye is dit goed om ’n slag ’n grondpad te gaan ry.
29. 'n Tjoppie vir die Tankwa. Deur Gideon Brückner
Wanneer die Tankwa-Karoo roep, moet jy antwoord. En wanneer die hunkering na braai só erg raak dat jy rowwe bergpasse aandurf in jou soeke na ’n tjoppie, moet jy weet: Jy het die skoot hoog deur.
28. 'n Regte kar kort 'n regte naam. Met Jaco Kirsten
Waar’s al die rygoed met die mooi name? Miskien is al die lekker name reeds gevat – en nou moet hulle nuwes “opmaak.”
27. Een aand in 'n bar op die 'Bok. Met Sophia van Taak
Wanneer jy alleen reis, sit jy gewoonlik alleen aan vir ete. Maar dit beteken nie jy gaan ’n tekort aan geselskap hê nie...
26. Toe ek klein was... Met Toast Coetzer
Destyds was die wêreld veel groter en vreemder as vandag. Toast Coetzer onthou sy kleintyd-vakansies.
25. Vliegvoos en vlugvies. Met Jaco Kirsten
Daar is eintlik net twee soorte mense: die wat nog nie op ’n passasiersvliegtuig was nie en diegene wat dié ervaring verpes.
Hier stehen die neuesten 40 von 54 Folgen. Ältere Folgen findest du im Feed des Podcasts.
Ähnliche Podcasts
Mehr Gesellschaft und Kultur-PodcastsIst das dein Podcast?
Bestätige es mit einem Eintrag in deinem Feed: Du bekommst hier einen Code, trägst ihn als podcast:txt in den Kanal deines Feeds ein, und wir prüfen ihn. Danach steht dein Podcast als „verifiziert“ bei SoundNode.


