Pular para o conteúdo
Klankgolwe: Weg! Stories

Klankgolwe: Weg! Stories

Novo54. Op vellies vertrou ek. Met Sophia van Taak12 de novembro de 2026 · 14 min
Episódios
54
Publicação
semanal
Último episódio
12 nov 2026

Sobre o podcast

Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans. Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.

Participantes

  • Francois HaasbroekApresentação

Episódios 54

  1. 54. Op vellies vertrou ek. Met Sophia van Taak

    14 min

    Met watter soort skoene stap jy die lewe tegemoet? Sophia van Taak is seker van haar saak: vellies.

  2. 53. Dinge wat jy nié in die bos mis nie. Met Toast Coetzer

    19 min

    Wanneer jy terugkeer stad toe ná 'n lang ruk in die bos, is daar 'n rits dinge wat jy skielik besef jy glad nie gemis het nie.

  3. 52. Die Boeddha van bakkie-ry. Met Evan Naudé

    20 min

    Is jy benoud wanneer jy iewers in die veld alleen in jou bakkie ry? Hier is drie stappe tot innerlike vrede wanneer jy met 'n bakkie die boendoes invaar.

  4. 51. Waar slaap jy vanaand? Met Toast Coetzer

    15 min

    Op 'n reis uit die Kalahari na Kaapstad tob Toast Coetzer oor die lewe en sy draaie.

  5. 50. The Good, The Bad... en die blouaap. Met Evan Naudé

    18 min

    Moenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild soek.

  6. 49. So byna was ek 'n Himba. Met Sophia van Taak

    19 min

    Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras.

  7. 48. Wat is cool? Met Toast Coetzer

    11 min

    Dis goed om “cool” te wees, maar nie te cool nie. Maar hoe weet jy wanneer jy cool is? Of te cool? Of nie cool genoeg nie?

  8. 47. Om 'n boomhuis te bou. Met Francois Haasbroek

    15 min

    Toe jy nog 'n laaitie was, het jy óf 'n boomhuis gehad óf jy wou een hê. Luister hier hoe jy een bou.

  9. 46. As Moeder Natuur haar strip. Met Evan Naudé

    11 min

    In ’n mens se jeug vang jy dinge aan waaroor jy nou lag, maar wat jy nie sommer weer wil beleef nie. Evan Naudé onthou ’n kampvakansie toe Moeder Natuur hom deeglik beproef het.

  10. 45. Met 'n Cortina en 'n Gypsey op 'n plaaspad. Met Zigi Ekron

    12 min

    Lank voor die eerste boendoe-karavaan bestaan het, het Zigi Ekron se pa met ’n gewone Gypsey gery waar min 4x4’s dit sou waag.

  11. 44. Op die spoor van James Bond. Deur Dana Snyman

    9 min

    Om te reis is nie altyd maklik of lekker nie. Soms is dit spanningsvol – soos wanneer jy skool “bunk” om ’n James Bond-fliek te gaan kyk.

  12. 43. 'n Ding wat ruk. Met Evan Naudé

    10 min

    Tussen die manne moet jy darem jou manlikheid kan handhaaf, maar dis makliker gesê as gedaan wanneer jy ’n nuwe vaardigheid moet aanleer. Vir die 4x4-groentjie Evan Naudé was dit ’n ruk-ruk ervaring om sy …

    Notas do episódio
    Tussen die manne moet jy darem jou manlikheid kan handhaaf, maar dis makliker gesê as gedaan wanneer jy ’n nuwe vaardigheid moet aanleer. Vir die 4x4-groentjie Evan Naudé was dit ’n ruk-ruk ervaring om sy eerste opleiding agter die rug te kry.
  13. 42. Die les van 'n gebore kampeerder. Met Zigi Ekron

    10 min

    ’n Mens hoef nie ’n gebore kampeerder te wees nie – jy moet net deeglik kan pak, sê Zigi Ekron.

  14. 41. Die nonne in Etosha. Met Sophia van Taak

    11 min

    ’n Non bly ’n effens ongewone verskynsel. Dis soms moeilik om te glo dat hulle ook hou van toer en wildkyk, sê Sophia van Taak.

  15. 40. Die nag van die snorkes. Met Evan Naudé

    11 min

    ’n Nag onder die sterre kan heerlik wees, maar dan moet jy die regte geselskap hê. Of oorpluisies, het Evan Naudé uitgevind.

  16. 39. Ken jy die tipe? Met Zigi Ekron

    11 min

    Daar is meer as een soort tipiese kampeerder en as jy mooi kyk sal jy hulle om jou raaksien; dalk selfs op jou eie staanplek, sê Zigi Ekron.

  17. 38. Etosha... waar die leeus Afrikaans verstaan. Deur Piet Grobler

    9 min

    Piet Grobler, destyds ’n wildbewaarder in Etosha, beweer hy was op sy dag die wêreld se vinnigste man te perd. Só het hy dit reggekry.

  18. 37. 'n Bondige gids vir nie-voëlkykers. Deur Schalk Kotze

    10 min

    Vir voëlkykers is daar nie medisyne nie, sê Schalk Kotzé. Daarom deel hy ’n paar wenke met die oog op ’n gelukkige huwelik.

  19. 36. Sweef soos 'n... arend? Met Jaco Kirsten

    11 min

    Jy hoef nie baie geld te hê om aan avontuursport deel te neem nie. Die avontuur wat jy kry, is soms net effens anders as wat jy verwag het.

  20. 35. 'Full throttle' op vakansie, Met Sophia van Taak

    11 min

    ’n Seevakansie is nie volmaak sonder ’n stukkie vis oor die kole nie. En die kole is nie werklik kole as daar nie ’n paar stories en grappe vertel word nie, glo Sophia van Taak.

  21. 34. Van vele vure. Met Toast Coetzer

    14 min

    Almal ken ’n braaivleisvuur, maar wat is ’n staanvuur? Hoe benut jy ’n kookvuur? Wanneer raak ’n braaivuur ’n kuiervuur? Ken jy jou Suid-Afrikaanse vure?

  22. 33. Kersfees kom vroeg in die Diep-Karoo. Deur Dana Snyman

    8 min

    Dana Snyman se Datsun Pulsar breek op Oukersaand in die platteland – en hy beleef ’n Kersfees met ’n verskil.

  23. 32. Die nag toe ek blind geword het. Met Jaco Kirsten

    11 min

    ’n Geel motorfiets, ’n kronkelrige agterpaadjie, ’n stikdonker nag... en jy’t ’n resep vir moeilikheid. En ’n wonderwerk. Jaco Kirsten vertel.

  24. 31. Vryheid is 'n fiets. Met Leon-Ben Lamprecht

    12 min

    Min dinge is meer sorgeloos as ’n kind op ’n fiets. Onthou jy nog jou eerste fiets, en die eerste keer toe jy jou hande van die handvatsels gehaal het en uitgeroep het: “Ma, kyk!”

  25. 30. Grondpad na 'n gesonde lewe. Met Sophia van Taak

    11 min

    Die wêreld gaan net al hoe doller aanhou tol. Jy moet self besluit: Genoeg is genoeg, ek sal moet afrat vir sielsbehoud. Sulke tye is dit goed om ’n slag ’n grondpad te gaan ry.

  26. 29. 'n Tjoppie vir die Tankwa. Deur Gideon Brückner

    10 min

    Wanneer die Tankwa-Karoo roep, moet jy antwoord. En wanneer die hunkering na braai só erg raak dat jy rowwe bergpasse aandurf in jou soeke na ’n tjoppie, moet jy weet: Jy het die skoot hoog deur.

  27. 28. 'n Regte kar kort 'n regte naam. Met Jaco Kirsten

    12 min

    Waar’s al die rygoed met die mooi name? Miskien is al die lekker name reeds gevat – en nou moet hulle nuwes “opmaak.”

  28. 27. Een aand in 'n bar op die 'Bok. Met Sophia van Taak

    17 min

    Wanneer jy alleen reis, sit jy gewoonlik alleen aan vir ete. Maar dit beteken nie jy gaan ’n tekort aan geselskap hê nie...

  29. 26. Toe ek klein was... Met Toast Coetzer

    13 min

    Destyds was die wêreld veel groter en vreemder as vandag. Toast Coetzer onthou sy kleintyd-vakansies.

  30. 25. Vliegvoos en vlugvies. Met Jaco Kirsten

    11 min

    Daar is eintlik net twee soorte mense: die wat nog nie op ’n passasiersvliegtuig was nie en diegene wat dié ervaring verpes.

Aqui estão os 40 episódios mais recentes de 54. Os mais antigos estão no feed do podcast.

Este podcast é seu?

Confirme com uma entrada no seu feed: você recebe um código aqui, adiciona como podcast:txt no canal do seu feed e nós verificamos. Depois disso, seu podcast aparece como “verificado” no SoundNode.

Configurações

Exibição

Idioma

Define quais estações você vê primeiro na página inicial.

Histórico

As rádios e episódios ouvidos recentemente e suas últimas buscas ficam só neste navegador.

Avisos

Um aviso rápido quando um podcast que você segue tem um episódio novo. Desative podcasts individuais pelo sino na página deles.

Conta

Salve favoritos – no app e no site.

Atalhos de teclado

/
Abrir busca
Espaço
Reproduzir ou pausar
← →
No player: voltar 15 s, avançar 30 s (episódios) · na fileira: próximo bloco
↑ ↓
Na fileira: alvo dentro do bloco
Home / End
Na fileira: primeiro ou último bloco
Esc
Fechar janela ou menu
?
Esta visão geral
Tocando agora

Ir para a estação

A seguir

    Adicione episódios com “A seguir” – eles tocam depois do episódio atual.