Zum Inhalt springen
Strandloper – ’n vervolgverhaal
PodcastFiktionAF

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Folge 1Strandloper – Episode 6105.08.2024 · 10 Min.
Folgen
120
Format
Serie – von Anfang an hören
Letzte Folge
25. Okt. 2024

Über den Podcast

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. "Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.

Mitwirkende

  • Bettie KempModeration

Folgen 120

  1. [Slot-episode] Strandloper – Episode 120

    13 Min.Staffel 1 · Folge 120

    Bloubaai hou bruilof, en almal is daar om Bobbi se groot dag te vier. Visstok verras die gaste met sy skielike aankondiging … en dan gebeur die ondenkbare. Die mooiste dag word ʼn verskriklike dag, en die …

    Shownotes
    Bloubaai hou bruilof, en almal is daar om Bobbi se groot dag te vier. Visstok verras die gaste met sy skielike aankondiging … en dan gebeur die ondenkbare. Die mooiste dag word ʼn verskriklike dag, en die Strandloper het die laaste woord.
  2. Strandloper – Episode 119

    10 Min.Staffel 1 · Folge 119

    Mauritz kry ernstige waarskuwingstekens ná sy jongste duiksessie met die Spaanse besoekers. Oom Fred gaan vir eers sy tasse moet uitpak, en Tannie Ouvrou is byderhand met haar wyshede. Mauritz bring skokkende …

    Shownotes
    Mauritz kry ernstige waarskuwingstekens ná sy jongste duiksessie met die Spaanse besoekers. Oom Fred gaan vir eers sy tasse moet uitpak, en Tannie Ouvrou is byderhand met haar wyshede. Mauritz bring skokkende nuus oor Nicolien.
  3. Strandloper – Episode 118

    11 Min.Staffel 1 · Folge 118

    Tannie Ouvrou is bekommerd oor Mauritz wat steeds nie uitkom ná ʼn duiksessie nie en sake raak ernstig. Intussen word Saterdag se troukoek klaargemaak met al die stories wat met so ʼn spesiale koek gepaard gaan …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou is bekommerd oor Mauritz wat steeds nie uitkom ná ʼn duiksessie nie en sake raak ernstig. Intussen word Saterdag se troukoek klaargemaak met al die stories wat met so ʼn spesiale koek gepaard gaan. Die feesvoorlegging kry momentum.
  4. Strandloper – Episode 117

    10 Min.Staffel 1 · Folge 117

    Willie gee vir Oom Fred ontstellende nuus. Die ergste is, dis weer Oom Fred se aartsvyand wat daarvoor verantwoordelik is. Hoe is dit dat hy almal altyd uitoorlê? Daar is ʼn verdrinking wat die dorp skok, en …

    Shownotes
    Willie gee vir Oom Fred ontstellende nuus. Die ergste is, dis weer Oom Fred se aartsvyand wat daarvoor verantwoordelik is. Hoe is dit dat hy almal altyd uitoorlê? Daar is ʼn verdrinking wat die dorp skok, en Willie sê vir Dylan wat sy diepste vrees is.
  5. Strandloper – Episode 116

    10 Min.Staffel 1 · Folge 116

    Bobbi se aanpassessie van haar trourok word ʼn heerlike “trip down memory lane” by Tant Betta se huis, wat skielik deur ʼn vreeslike gil onderbreek word. Dylan dreig om Saterdag se troue te ontwrig met sy eie …

    Shownotes
    Bobbi se aanpassessie van haar trourok word ʼn heerlike “trip down memory lane” by Tant Betta se huis, wat skielik deur ʼn vreeslike gil onderbreek word. Dylan dreig om Saterdag se troue te ontwrig met sy eie agenda, maar Bobbi gaan niks van sy nonsens duld nie.
  6. Strandloper – Episode 115

    11 Min.Staffel 1 · Folge 115

    Oom Fred en sy manne moet dringend nuwe waterdigte planne maak om hulle mampoerprojek geheim te hou. Tant Betta toets hulle deeglik met haar nuuskierigheid. Oom Fred se verlede is besig om hom in te haal …

    Shownotes
    Oom Fred en sy manne moet dringend nuwe waterdigte planne maak om hulle mampoerprojek geheim te hou. Tant Betta toets hulle deeglik met haar nuuskierigheid. Oom Fred se verlede is besig om hom in te haal, wanneer hy dit die minste verwag.
  7. Strandloper – Episode 114

    12 Min.Staffel 1 · Folge 114

    Die losieshuis se ou houtstoepbank speel ʼn groot rol in Engela se lewe: Dit bring haar uit by ʼn nuwe vriend en mentor wanneer hartseer haar wil oorweldig. Boonop kry sy by hom blink, nuwe planne vir die dorp se …

    Shownotes
    Die losieshuis se ou houtstoepbank speel ʼn groot rol in Engela se lewe: Dit bring haar uit by ʼn nuwe vriend en mentor wanneer hartseer haar wil oorweldig. Boonop kry sy by hom blink, nuwe planne vir die dorp se feesvoorlegging.
  8. Strandloper – Episode 113

    10 Min.Staffel 1 · Folge 113

    Die aanpassessie van die trouklere by Tant Betta se huis is alles behalwe kalm en rustig; Dylan sorg vir groot moleste. Tannie Ouvrou hou nie terug wanneer sy die kans kry om haar sê te sê oor dwarstrekkers en …

    Shownotes
    Die aanpassessie van die trouklere by Tant Betta se huis is alles behalwe kalm en rustig; Dylan sorg vir groot moleste. Tannie Ouvrou hou nie terug wanneer sy die kans kry om haar sê te sê oor dwarstrekkers en boikotters van die dorp se feesvoorlegging nie.
  9. Strandloper – Episode 112

    11 Min.Staffel 1 · Folge 112

    ʼn Vreemde besoeker maak sy opwagting op Bloubaai se strand. Mauritz en Willie sukkel om die nuuskierige skare op ʼn veilige afstand te hou. Mauritz kry nuus van Nicolien oor haar soektog na haar biologiese ouers …

    Shownotes
    ʼn Vreemde besoeker maak sy opwagting op Bloubaai se strand. Mauritz en Willie sukkel om die nuuskierige skare op ʼn veilige afstand te hou. Mauritz kry nuus van Nicolien oor haar soektog na haar biologiese ouers wat Engela diep ontstel.
  10. Strandloper – Episode 111

    10 Min.Staffel 1 · Folge 111

    Bobbi skok en verras Tannie Ouvrou met onverwagse goeie nuus. Oom Fred se verlore geheime mampoerdokumente duik skielik op. Tant Betta se bostelefoon is vir ʼn verandering nie die eerste wat weet van die groot …

    Shownotes
    Bobbi skok en verras Tannie Ouvrou met onverwagse goeie nuus. Oom Fred se verlore geheime mampoerdokumente duik skielik op. Tant Betta se bostelefoon is vir ʼn verandering nie die eerste wat weet van die groot nuus van Bloubaai nie.
  11. Strandloper – Episode 110

    11 Min.Staffel 1 · Folge 110

    Oom Fred, Visstok, Willie en Mauritz vergader in die geheim by die losieshuis met planne vir ʼn topmampoerstokery op Bloubaai. Hulle het ʼn unieke noodplan vir ingeval hulle dalk hieroor gekonfronteer sou word …

    Shownotes
    Oom Fred, Visstok, Willie en Mauritz vergader in die geheim by die losieshuis met planne vir ʼn topmampoerstokery op Bloubaai. Hulle het ʼn unieke noodplan vir ingeval hulle dalk hieroor gekonfronteer sou word. Dit word gou-gou tot die uiterste toe beproef.
  12. Strandloper – Episode 109

    10 Min.Staffel 1 · Folge 109

    Met Nicolien terug in Johannesburg neem Engela die leisels oor van die dorp se voorlegging vir die Afrikaans 100-fees. Bobbi ontdek ʼn reusefout in hul beplanning. Dit word nou tyd vir krisisbestuur. Is daar …

    Shownotes
    Met Nicolien terug in Johannesburg neem Engela die leisels oor van die dorp se voorlegging vir die Afrikaans 100-fees. Bobbi ontdek ʼn reusefout in hul beplanning. Dit word nou tyd vir krisisbestuur. Is daar genoeg tyd om dinge reg te stel? En hoe gaan hulle dit doen?
  13. Strandloper – Episode 108

    10 Min.Staffel 1 · Folge 108

    Mauritz vertel Willie van mediaberigte oor ʼn gierige Britse maatskappy wat sy hande verbrand het met die skatte van ʼn wrak, en hy kry self ʼn waarskuwing. Dylan stel Willie bekend aan pêrekulle, maar Willie het …

    Shownotes
    Mauritz vertel Willie van mediaberigte oor ʼn gierige Britse maatskappy wat sy hande verbrand het met die skatte van ʼn wrak, en hy kry self ʼn waarskuwing. Dylan stel Willie bekend aan pêrekulle, maar Willie het ander dringende vrae vir Dylan.
  14. Strandloper – Episode 107

    11 Min.Staffel 1 · Folge 107

    Bobbi val weer in by die losieshuis en hoor van alles wat die afgelope paar maande op Bloubaai gebeur het. Oom Fred het opgepak en is gereed om te verhuis, maar hy kry onverwags teëspoed uit ʼn nuwe oord. Danksy …

    Shownotes
    Bobbi val weer in by die losieshuis en hoor van alles wat die afgelope paar maande op Bloubaai gebeur het. Oom Fred het opgepak en is gereed om te verhuis, maar hy kry onverwags teëspoed uit ʼn nuwe oord. Danksy Bobbi se nuuskierigheid hoor ons iets van sy duister verlede.
  15. Strandloper – Episode 106

    10 Min.Staffel 1 · Folge 106

    Engela trek sak en pak na haar huurhuis oorkant die losieshuis. Willie en Visstok help haar – hulle sweet en die bloed loop letterlik. Dan kom meng Tant Betta in. Die poets wat die twee mans vir haar beplan …

    Shownotes
    Engela trek sak en pak na haar huurhuis oorkant die losieshuis. Willie en Visstok help haar – hulle sweet en die bloed loop letterlik. Dan kom meng Tant Betta in. Die poets wat die twee mans vir haar beplan, ontplof in hulle gesig. Wie laaste lag, nè!
  16. Strandloper – Episode 105

    11 Min.Staffel 1 · Folge 105

    Die dorp is in rep en roer oor die Afrikaans Amptelik 100-fees. Hulle wenplanne neem vorm aan. Dylan is in topvorm, want daar is ʼn TV-kontrak op die spel. Willie het ʼn skitterende voorstel. Nicolien kry nuus …

    Shownotes
    Die dorp is in rep en roer oor die Afrikaans Amptelik 100-fees. Hulle wenplanne neem vorm aan. Dylan is in topvorm, want daar is ʼn TV-kontrak op die spel. Willie het ʼn skitterende voorstel. Nicolien kry nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers.
  17. Strandloper – Episode 104

    10 Min.Staffel 1 · Folge 104

    Om Fred is aan die oppak, maar dit is nie net sý klere en aardse goed wat gepak moet word nie. Willie bring skokkende tyding wat Oom Fred en Tannie Ouvrou ontstel. Wanneer Oom Fred se selfoon lui, is dit die …

    Shownotes
    Om Fred is aan die oppak, maar dit is nie net sý klere en aardse goed wat gepak moet word nie. Willie bring skokkende tyding wat Oom Fred en Tannie Ouvrou ontstel. Wanneer Oom Fred se selfoon lui, is dit die einde van ʼn era vir hom.
  18. Strandloper – Episode 103

    10 Min.Staffel 1 · Folge 103

    Nicolien kry vroegoggend ʼn verrassingsbesoek by die losieshuis van Dylan wat groot nuus het. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ook oorstelp van vreugde oor die nuus. Wie gaan hierby baat, wonder almal … behalwe Dylan.

  19. Strandloper – Episode 102

    10 Min.Staffel 1 · Folge 102

    Tannie Ouvrou word onkant gevang met Oom Fred se skielike trekplanne. Hoe sal die lewe vorentoe wees sonder hom by die losieshuis? Mauritz se werk by Seeredding sorg dat Tannie Ouvrou opnuut bekommerd is oor sy …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou word onkant gevang met Oom Fred se skielike trekplanne. Hoe sal die lewe vorentoe wees sonder hom by die losieshuis? Mauritz se werk by Seeredding sorg dat Tannie Ouvrou opnuut bekommerd is oor sy veiligheid in die diep waters … met rede.
  20. Strandloper – Episode 101

    10 Min.Staffel 1 · Folge 101

    Nicolien kan nie glo wat alles op Bloubaai gebeur het terwyl sy weg was nie. Die grootste nuus is die landwye kompetisie vir die Afrikaans 100-fees, wat ʼn televisiekontrak insluit waaraan die dorp wil deelneem …

    Shownotes
    Nicolien kan nie glo wat alles op Bloubaai gebeur het terwyl sy weg was nie. Die grootste nuus is die landwye kompetisie vir die Afrikaans 100-fees, wat ʼn televisiekontrak insluit waaraan die dorp wil deelneem. Dylan is vol wenplanne, wat moeilik geklop gaan word.
  21. Strandloper – Episode 100

    11 Min.Staffel 1 · Folge 100

    Nicolien verras Mauritz laataand by die losieshuis. Sy’t nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers… wat op ʼn vreemde aansluit by Mauritz se passie vir wrakke en die Amerikaner Tim Taylor se soektog na …

    Shownotes
    Nicolien verras Mauritz laataand by die losieshuis. Sy’t nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers… wat op ʼn vreemde aansluit by Mauritz se passie vir wrakke en die Amerikaner Tim Taylor se soektog na verlore duikbote op die seebodem.
  22. Strandloper – Episode 99

    12 Min.Staffel 1 · Folge 99

    Visstok help Engela om die gordyne van haar nuwe huis te meet, en die sessie neem ʼn hele nuwe wending aan wat haar voete letterlik onder haar uitslaan. Tant Betta se nuuskierigheid oor die twee kry die oorhand …

    Shownotes
    Visstok help Engela om die gordyne van haar nuwe huis te meet, en die sessie neem ʼn hele nuwe wending aan wat haar voete letterlik onder haar uitslaan. Tant Betta se nuuskierigheid oor die twee kry die oorhand, en haar vermoedens word bevestig.
  23. Strandloper – Episode 98

    10 Min.Staffel 1 · Folge 98

    Engela is verras om Willie op die strand te kry, wat waghou by ʼn gevaarlike seeslang. Dylan is op ʼn missie om sy verlore medalje terug te kry. Hy spog agterna met sy slim plan, maar dit kom terug om hom aan die …

    Shownotes
    Engela is verras om Willie op die strand te kry, wat waghou by ʼn gevaarlike seeslang. Dylan is op ʼn missie om sy verlore medalje terug te kry. Hy spog agterna met sy slim plan, maar dit kom terug om hom aan die hakskeen te byt, soos die dodelike seeslang.
  24. Strandloper – Episode 97

    11 Min.Staffel 1 · Folge 97

    Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing op die kombuistafel, ná Oom Fred en die manne se “vergadering” die vorige dag. Mauritz gee Oom Fred ʼn splinternuwe mampoerplan, tot Tannie Ouvrou se ontsteltenis … en hy kry nuus …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing op die kombuistafel, ná Oom Fred en die manne se “vergadering” die vorige dag. Mauritz gee Oom Fred ʼn splinternuwe mampoerplan, tot Tannie Ouvrou se ontsteltenis … en hy kry nuus uit Johannesburg van Nicolien.
  25. Strandloper – Episode 96

    11 Min.Staffel 1 · Folge 96

    Oom Fred roep vir Willie en Visstok bymekaar vir ʼn vergadering op ʼn ongewone plek: onder die melkhoutboom op Tant Betta se erf. Die middelpunt van die vergadering is ʼn ou mampoerstookketel. Hulle groot planne …

    Shownotes
    Oom Fred roep vir Willie en Visstok bymekaar vir ʼn vergadering op ʼn ongewone plek: onder die melkhoutboom op Tant Betta se erf. Die middelpunt van die vergadering is ʼn ou mampoerstookketel. Hulle groot planne word onverwags onderbreek.
  26. Strandloper – Episode 95

    9 Min.Staffel 1 · Folge 95

    Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie …

    Shownotes
    Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek.
  27. Strandloper – Episode 94

    12 Min.Staffel 1 · Folge 94

    Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie.

  28. Strandloper – Episode 93

    10 Min.Staffel 1 · Folge 93

    Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese …

    Shownotes
    Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!
  29. Strandloper – Episode 92

    10 Min.Staffel 1 · Folge 92

    Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat …

    Shownotes
    Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het.
  30. Strandloper – Episode 91

    10 Min.Staffel 1 · Folge 91

    Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding …

    Shownotes
    Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek.

Hier stehen die neuesten 60 von 120 Folgen. Ältere Folgen findest du im Feed des Podcasts.

Empfohlen von Strandloper – ’n vervolgverhaal

Ähnliche Podcasts

Mehr Fiktion-Podcasts
Ist das dein Podcast?

Bestätige es mit einem Eintrag in deinem Feed: Du bekommst hier einen Code, trägst ihn als podcast:txt in den Kanal deines Feeds ein, und wir prüfen ihn. Danach steht dein Podcast als „verifiziert“ bei SoundNode.

Einstellungen

Darstellung

Sprache

Bestimmt, welche Sender dir auf der Startseite zuerst gezeigt werden.

Verlauf

Zuletzt gehörte Sender und Folgen und deine letzten Suchen liegen nur in diesem Browser.

Hinweise

Ein kurzer Hinweis, wenn ein Podcast, dem du folgst, eine neue Folge hat. Einzelne Podcasts stellst du über die Glocke auf ihrer Seite ab.

Konto

Favoriten speichern – in der App und auf der Website.

Tastenkürzel

/
Suche öffnen
Leertaste
Abspielen oder anhalten
← →
Im Player: 15 s zurück, 30 s vor (Folgen) · im Regal: nächste Kachel
↑ ↓
Im Regal: Ziel innerhalb der Kachel
Pos1 / Ende
Im Regal: erste bzw. letzte Kachel
Esc
Fenster oder Menü schließen
?
Diese Übersicht
Läuft gerade

Zur Senderseite

Als Nächstes

    Folgen mit „Als Nächstes“ vormerken – sie laufen nach der aktuellen Folge.