Skip to content
Katbosbult
PodcastFictionDramaAF

Katbosbult

Episode 1Katbosbult – Episode 61September 4, 2023 · 11 min
Episodes
121
Format
Series – listen from the start
Latest episode
Nov 24, 2023

About the podcast

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp. Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt. Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans. "Katbosbult" word vervaardig deur Maroela Media.

Contributors

  • Joe Kleinhans, Bettie KempHost

Episodes 121

  1. Katbosbult – Episode 120 (SLOT)

    12 minSeason 1 · Episode 120

    In die slot-episode word die lastige vraagstuk rondom Manie Maritz se muntversameling uiteindelik bygelê. Skielik is daar vrede op Katbosbult. Vir hoe lank weet niemand nie. Die vraagstuk rondom wie Gretchen …

    Show notes
    In die slot-episode word die lastige vraagstuk rondom Manie Maritz se muntversameling uiteindelik bygelê. Skielik is daar vrede op Katbosbult. Vir hoe lank weet niemand nie. Die vraagstuk rondom wie Gretchen met haar skelmstreke gehelp het, hang nog swaar in die lug, en daar is nog een belangrike aankondiging wat gemaak moet word.
  2. Katbosbult – Episode 119

    12 minSeason 1 · Episode 119

    Janita is in die hospitaal en dit druk swaar op haar geliefdes se gemoed. Leonardo tree Monique aan en hy draai nie doekies om nie. Hy neem ʼn groot besluit en laat trek ʼn kontrak op. Reggie word verras.

  3. Katbosbult – Episode 118

    11 minSeason 1 · Episode 118

    Dit is tyd vir Gert om met vindingryke voetwerk ʼn oplossing te onderhandel oor ʼn netelige kwessie. Chrissie en Monique om dieselfde tafel is moeilikheid met ʼn hoofletter M. Hulle het nou maar eenmaal nie …

    Show notes
    Dit is tyd vir Gert om met vindingryke voetwerk ʼn oplossing te onderhandel oor ʼn netelige kwessie. Chrissie en Monique om dieselfde tafel is moeilikheid met ʼn hoofletter M. Hulle het nou maar eenmaal nie ooghare vir mekaar nie. Gert het sy hande vol.
  4. Katbosbult – Episode 117

    12 minSeason 1 · Episode 117

    Reggie word teen wil en dank by ʼn ongemaklike saak betrek wat haar slapelose nagte besorg. Skielik vind daar ʼn paar van die moeilikste gesprekke denkbaar op Katbosbult plaas … en dit krap ʼn paar lewens erg …

    Show notes
    Reggie word teen wil en dank by ʼn ongemaklike saak betrek wat haar slapelose nagte besorg. Skielik vind daar ʼn paar van die moeilikste gesprekke denkbaar op Katbosbult plaas … en dit krap ʼn paar lewens erg deurmekaar. ʼn Enorme skok tref die dorp. Dis ʼn lelike opslagbal.
  5. Katbosbult – Episode 116

    11 minSeason 1 · Episode 116

    Leonardo kry iets in ʼn garage op Herklaas se plaas wat hom die sersant se hulp laat inroep. Beloftes maak skuld. Die sersant onthou van so ʼn belofte wat hy nog nie nagekom het nie. Jasper se ma, Janita, het …

    Show notes
    Leonardo kry iets in ʼn garage op Herklaas se plaas wat hom die sersant se hulp laat inroep. Beloftes maak skuld. Die sersant onthou van so ʼn belofte wat hy nog nie nagekom het nie. Jasper se ma, Janita, het haar geliefdes aan die skarrel.
  6. Katbosbult – Episode 115

    10 minSeason 1 · Episode 115

    Sake verloop vinnig op Katbosbult, maar eers moet Gharies Gans en Sylvia Shoba die regte regshulp kry. Die Valke is bedrywig; hulle wil die grootste slag tot op datum teen vetplantstropery slaan, maar daarvoor …

    Show notes
    Sake verloop vinnig op Katbosbult, maar eers moet Gharies Gans en Sylvia Shoba die regte regshulp kry. Die Valke is bedrywig; hulle wil die grootste slag tot op datum teen vetplantstropery slaan, maar daarvoor moet hulle die sindikaatleier vastrek.
  7. Katbosbult – Episode 114

    12 minSeason 1 · Episode 114

    Die vraag op almal se lippe is wat het met Chrissie gebeur? Kyk wie storm by die gimnasium in en konfronteer Reggie. Die tannie met die kort rokkie is weer op haar pos, reg vir haar volgende voorbladstorie … …

    Show notes
    Die vraag op almal se lippe is wat het met Chrissie gebeur? Kyk wie storm by die gimnasium in en konfronteer Reggie. Die tannie met die kort rokkie is weer op haar pos, reg vir haar volgende voorbladstorie … hulle word sappiger. Met wie deel Jasper sy interessante teorie oor die muntversameling?
  8. Katbosbult – Episode 113

    12 minSeason 1 · Episode 113

    Chrissie verval in onguns by die burgemeester. Gert is vir die soveelste keer die raadslid wat ʼn delikate saak vir die burgemeester hanteer. Shirley voel sy kan nie langer ʼn moordkuil van haar hart maak nie.

  9. Katbosbult – Episode 112

    11 minSeason 1 · Episode 112

    Chrissie voel die onheil in die lug aan. Sy kan net nie haar vinger daarop lê nie. Gharies Gans maak weer onverwags sy verskyning. Monique sluit ʼn vrugbare besoek aan die Kaap af. Sy ry terug Katbosbult toe met …

    Show notes
    Chrissie voel die onheil in die lug aan. Sy kan net nie haar vinger daarop lê nie. Gharies Gans maak weer onverwags sy verskyning. Monique sluit ʼn vrugbare besoek aan die Kaap af. Sy ry terug Katbosbult toe met ʼn nuwe missie en vuur in haar. Hierdie keer stuit sy vir niks en niemand nie.
  10. Katbosbult – Episode 111

    11 minSeason 1 · Episode 111

    Monique is iemand wat altyd ʼn agenda het en haar eie manier van dinge doen. Sy ry skielik Kaapstad toe en verstom almal. Sylvia Shoba is ʼn bron van kommer. Die vrae rondom haar doen en late hoop net op, sonder antwoorde.

  11. Katbosbult – Episode 110

    12 minSeason 1 · Episode 110

    Groot drama speel hom op die feesterrein in ʼn werkershuisie af. Die joernalis met die kort rokkie is weer fluks byderhand vir haar volgende voorbladartikel, en daar is weer ʼn romantiese ete vir twee.

  12. Katbosbult – Episode 109

    12 minSeason 1 · Episode 109

    Weduwee Chrissie se handelsmerk-ete is bruin geroosterde skaapnek bedien op ʼn bed wortels, klein uitjies en kruie. Raai wie trakteer sy dié keer met haar fynproewerkos? Katbosbult is skielik vol hubare en …

    Show notes
    Weduwee Chrissie se handelsmerk-ete is bruin geroosterde skaapnek bedien op ʼn bed wortels, klein uitjies en kruie. Raai wie trakteer sy dié keer met haar fynproewerkos? Katbosbult is skielik vol hubare en beskikbare wewenaars. Dit is net ʼn kwessie van wie pas nou eintlik by wie.
  13. Katbosbult – Episode 108

    11 minSeason 1 · Episode 108

    Sersant Johnson en Monique spring aanmekaar … omdat hy wil verstaan waarom die Valke se aankoms in Katbosbult die poppe so laat dans. Lampies Lamprecht is duidelik nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Dit is of …

    Show notes
    Sersant Johnson en Monique spring aanmekaar … omdat hy wil verstaan waarom die Valke se aankoms in Katbosbult die poppe so laat dans. Lampies Lamprecht is duidelik nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Dit is of hy Monique elke keer net mooi ʼn tree vooruit is, maar iemand voer Lampies beslis inligting.
  14. Katbosbult – Episode 107

    11 minSeason 1 · Episode 107

    Gert is knorrig verby. In plaas daarvan om as die raadslid vir ekonomiese ontwikkeling gebruik te word, word hy al hoe meer as raadslid vir regsdienste misbruik. ʼn Kontrak ontstel hom … en tereg ook. Reggie …

    Show notes
    Gert is knorrig verby. In plaas daarvan om as die raadslid vir ekonomiese ontwikkeling gebruik te word, word hy al hoe meer as raadslid vir regsdienste misbruik. ʼn Kontrak ontstel hom … en tereg ook. Reggie deel ʼn bekommernis met haar werkgewer.
  15. Katbosbult – Episode 106

    10 minSeason 1 · Episode 106

    Daar word geskarrel in die Katbosbult Hospitaal. Die waarheid het ʼn manier om op ʼn ongemaklike tyd uit te kom. En toe gebeur dit ook … onder die boom, pannekoek in die hand, heel onverwags. Dit laat Chrissie …

    Show notes
    Daar word geskarrel in die Katbosbult Hospitaal. Die waarheid het ʼn manier om op ʼn ongemaklike tyd uit te kom. En toe gebeur dit ook … onder die boom, pannekoek in die hand, heel onverwags. Dit laat Chrissie vir ʼn oomblik soek na woorde, so erg is dit.
  16. Katbosbult – Episode 105

    10 minSeason 1 · Episode 105

    Uiteindelik breek Katbosbult se geskiedkundige dorpsfees aan. Die inwoners is opgewonde en stroom na die feesterrein. Spoedig is daar ʼn hewige woordewisseling in die skuur. Tussen al die lawaai, loei die dorp …

    Show notes
    Uiteindelik breek Katbosbult se geskiedkundige dorpsfees aan. Die inwoners is opgewonde en stroom na die feesterrein. Spoedig is daar ʼn hewige woordewisseling in die skuur. Tussen al die lawaai, loei die dorp se ambulans skielik die feesterrein binne.
  17. Katbosbult – Episode 104

    11 minSeason 1 · Episode 104

    ʼn Bomdreigement ruk Katbosbult. Shirley is skielik haastig op pad. En na al die dag se drama word die sersant met ʼn doel genooi vir ʼn pannekoek onder die boom. Hy word behoorlik ingekatrol.

  18. Katbosbult – Episode 103

    11 minSeason 1 · Episode 103

    Die Valke is skielik bedrywig in Katbosbult en dit gee aanleiding tot ligte konsternasie. Monique is op ʼn missie met ʼn lys eise in die hand en sy laat haar nie van stryk bring nie. Wie gee oornag pad uit Katbosbult?

  19. Katbosbult – Episode 102

    11 minSeason 1 · Episode 102

    Kyk wie kom kuier op Katbosbult met die dorpsfees. Gert raak knorrig oor sy ontydige kuiergas. Wie is Gretchen se jongste slagoffer? Iemand kom kuier vir Leonardo op sy tuinbankie en dit loop op ʼn vuurwarm gesprek uit.

  20. Katbosbult – Episode 101

    12 minSeason 1 · Episode 101

    Almal op die dorp koop vandag die Katbosnuus. Dit is ʼn moet-lees-uitgawe. Shirley kry boonop nuus oor die “blou koeverte” wat destyds haar deelname aan die verkiesing beëindig het. Maar hoekom is sy in so ʼn …

    Show notes
    Almal op die dorp koop vandag die Katbosnuus. Dit is ʼn moet-lees-uitgawe. Shirley kry boonop nuus oor die “blou koeverte” wat destyds haar deelname aan die verkiesing beëindig het. Maar hoekom is sy in so ʼn slegte bui … dit is nie hoe Katbosbult haar ken nie.
  21. Katbosbult – Episode 100

    11 minSeason 1 · Episode 100

    “Sersant Maritz” is weer bedrywig. Die swart weduwee se slagoffers, as gevolg van haar skelmstreke, groei by die dag. En die bedrae geld wat betrokke is! Maar gedane sake het geen keer nie. Hoekom sou Jasper …

    Show notes
    “Sersant Maritz” is weer bedrywig. Die swart weduwee se slagoffers, as gevolg van haar skelmstreke, groei by die dag. En die bedrae geld wat betrokke is! Maar gedane sake het geen keer nie. Hoekom sou Jasper Rolbos toe ry, en in wie loop hy hom daar vas?
  22. Katbosbult – Episode 99

    11 minSeason 1 · Episode 99

    Gert weet hy is in tamatiestraat … ván die burgemeester tót Reggie moet oral vure doodslaan om sy bas te red. Katbosbult het nie die swart weduwee sien kom nie. Sy tref die dorp met ʼn slag. Dit is skok op skok …

    Show notes
    Gert weet hy is in tamatiestraat … ván die burgemeester tót Reggie moet oral vure doodslaan om sy bas te red. Katbosbult het nie die swart weduwee sien kom nie. Sy tref die dorp met ʼn slag. Dit is skok op skok … en volop skindernuus. Vir die eerste keer kan sosiale media nie voorbly nie.
  23. Katbosbult – Episode 98

    10 minSeason 1 · Episode 98

    ʼn Vrou se naam is op elkeen se lippe; Katbosbult gons behoorlik oor haar. Die vrou het Reggie erg bekommerd. Hoekom? Sy roep dadelik hulp in. Skielik word dit ʼn baie lang dag. Die aand eindig met ʼn skok.

  24. Katbosbult – Episode 97

    11 minSeason 1 · Episode 97

    Leonardo en Shirley spring op Richroux aanmekaar. Dit is ʼn bekgeveg soos min. Waaroor sou die hare so waai? Gert beleef ʼn skok wat hom mettertyd heeltemal onderstebo klap.

  25. Katbosbult – Episode 96

    12 minSeason 1 · Episode 96

    Chrissie vertrek op ʼn geheime besoek. Die sersant besluit dit is tyd om om weer om hulp by “Sersant Maritz” aan te klop … sy help tog so graag. Waarmee is dit hierdie keer? Kyk wie trek in die gastekamer langs …

    Show notes
    Chrissie vertrek op ʼn geheime besoek. Die sersant besluit dit is tyd om om weer om hulp by “Sersant Maritz” aan te klop … sy help tog so graag. Waarmee is dit hierdie keer? Kyk wie trek in die gastekamer langs Shirley in.
  26. Katbosbult – Episode 95

    13 minSeason 1 · Episode 95

    Reggie se romantiese ete vir twee verloop soos ʼn droom, beter as wat sy verwag het, maar moet die joernalis met die kort rokkie altyd so ongeleë wees?! Gert sorg vir blomme vir spesiale mense.

  27. Katbosbult – Episode 94

    11 minSeason 1 · Episode 94

    Dit is tyd vir Jasper om ʼn paar mense vierkantig in die oë te kyk en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar. Reggie kry ʼn oproep wat haar onkant betrap. Dan besluit sy om ʼn romantiese aand vir twee te beplan.

  28. Katbosbult – Episode 93

    10 minSeason 1 · Episode 93

    Die spoke van die kwade aand in die nagklub op Rolbos maak weer hulle verskyning. Monique word weer pure “sersant Maritz”. Sy loop sersant Johnson storm met ʼn paar wenke. Bedoel sy dit opreg, of is dit ʼn nuwe …

    Show notes
    Die spoke van die kwade aand in die nagklub op Rolbos maak weer hulle verskyning. Monique word weer pure “sersant Maritz”. Sy loop sersant Johnson storm met ʼn paar wenke. Bedoel sy dit opreg, of is dit ʼn nuwe skelmstreek van haar?
  29. Katbosbult – Episode 92

    10 minSeason 1 · Episode 92

    Leonardo bly in die moeilikheid. Sy nuwe “vennoot” snel hom te hulp met nuttige inligting en blink planne om die dreigende situasie te help ontlont en reg te bestuur. Maar, waarheen het Jasper met die motorfiets verdwyn?

  30. Katbosbult – Episode 91

    11 minSeason 1 · Episode 91

    Dit is blouer as die blouste Maandag vir sersant Johnson, en dit gebeur net mooi wanneer die kaptein terug is by die werk. Dit is verstommend hoeveel in so ʼn kort tydjie kan skeefloop. Leonardo voel hy bly in …

    Show notes
    Dit is blouer as die blouste Maandag vir sersant Johnson, en dit gebeur net mooi wanneer die kaptein terug is by die werk. Dit is verstommend hoeveel in so ʼn kort tydjie kan skeefloop. Leonardo voel hy bly in die spervuur, en net toe hy dink dinge kan nie slegter nie, gaan dit slegter.

These are the latest 60 of 121 episodes. You’ll find older episodes in the podcast’s feed.

Recommended by Katbosbult

Is this your podcast?

Confirm it with an entry in your feed: you get a code here, add it as podcast:txt to the channel of your feed, and we check it. Your podcast is then shown as “verified” on SoundNode.

Settings

Display

Language

Decides which stations you see first on the home page.

History

Recently played stations and episodes and your latest searches are only stored in this browser.

Notifications

A short notice when a podcast you follow has a new episode. Turn off single podcasts with the bell on their page.

Account

Save favorites – in the app and on the website.

Keyboard shortcuts

/
Open search
Space
Play or pause
← →
In the player: back 15 s, forward 30 s (episodes) · in a row: next tile
↑ ↓
In a row: target within the tile
Home / End
In a row: first or last tile
Esc
Close window or menu
?
This overview
Now playing

Go to station page

Play next

    Add episodes with “Play next” – they play after the current episode.