
Middagvervolgverhaal
- Episodes
- 3,062
- Released
- daily
- Latest episode
- Nov 13, 2026
About the podcast
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Episodes 3,062
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 42
Shaun het skokkende nuus oor Sybil, wat Klara nog meer ontstel. Lienkie is omgekrap omdat Marnus haar sketse opgeskeur het, en wil bedank.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 41
Klara keer terug Schoemanskloof toe. Sy is bitter ontsteld oor wat gebeur het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 40
Klara kom voor ‘n doodloopstraat te staan wanneer sy haar herkoms probeer bepaal. Xander het ontstellende nuus vir haar oor sy soektog na haar herkoms.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 39
Sybil erken teenoor Klara dat sy nog verlief is op Xander, en dat Klara nie reg is vir hom nie. Marnus trap Neels uit omdat hy Elzebet probeer beïnvloed oor die verkoop van haar grond en die aankoop van ‘n erf …
Show notes
Sybil erken teenoor Klara dat sy nog verlief is op Xander, en dat Klara nie reg is vir hom nie. Marnus trap Neels uit omdat hy Elzebet probeer beïnvloed oor die verkoop van haar grond en die aankoop van ‘n erf in sy aftreelandgoed.KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 38
Klara is bekommerd dat Xander moontlik die aand by Sybil deurgebring het, en stel ondersoek in. Jorrie laat weet vir Klara dat hy slegte nuus oor die vulstasie het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 37
Klara ontmoet ‘n oudvriendin van Xander, die ekstroverte en eksentrieke losbol, Sybil, en besef dat sy Xander onderskat het en eintlik nie behoorlik ken nie... veral wanneer sy vriendin se tong losraak.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 36
Xander en Klara kom in Johannesburg aan, en sy begin agterkom hoeveel jakkalsstreke hy werklik het. Marnus neem Elzebet in ‘n lugballon op.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 35
Xander besluit om Klara Johannesburg toe te neem sodat hulle haar herkoms kan ondersoek. Hy wil haar graag aan een van sy eksmeisies voorstel.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 34
Marnus verander van persoonlikheid en terroriseer Lienkie skielik. Wanneer sy na haar kontrak kyk, besef sy sy het haar vasgeteken, en dat sy hom nooit werklik geken het nie. Haar senuwees gaan op hol.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 33
Shaun is terug, en besluit om Elzebet se aanbod te aanvaar en Die Boskombuis te herontwerp en daar te werk. Daar is egter iewers ‘n speek in die wiel...
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 32
Xander en Neels gaan mekaar omtrent te lyf met Klara tussenin. Sy besluit om hulle albei van haar grond te verwilder. Sy besef ook dat sy onverwags ‘n gevoel vir albei die manne het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 31
Marnus is baie geduldiger met Elzebet as wat hy met Lienkie was, maar selfs Elzebet besef daar is ‘n ander kant aan Marnus wat hulle nie eintlik ken nie - ‘n ongenaakbare kant.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 30
Lienkie lê haar sketse aan Marnus voor, maar ontdek ‘n baie harder man as wat sy tot dusver ontmoet het. Sy houding teenoor haar pogings verander handomkeer.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 29
Marnus probeer Elzebet oortuig om die mooiste erf op sy landgoed te koop. Hy besef dat hy Elzebet sal moer leer hoe om ‘n sakeplan op te stel, anders vou Die Boskombuis weer. Hy lei haar op.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 28
Jorrie waarsku vir Lienkie dat die eienaar van die vulstasie haar moontlik wil dagvaar. Klara hoor weer die hipnotiserende musiek uit die kloof, en sy besluit om te gaan kyk presies waar dit vandaan kom.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 27
Die nuus dat Xander nie vir die aanval op Shaun verantwoordelik is nie, skok almal. As dit nie hy was nie, wie is die skuldige?
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 26
Marnus is ingenome met die nuwe reklameborde wat Lienkie vir Neelsie gemaak het, en maak haar ‘n aanbod, maar hy stel sekere voorwaardes
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 25
Die koffieplek, Neelsie, open uiteindelik, en die hele kloof is daar om die inwyding by te woon. Xander is egter nie so ingenome met die sukses van die opening nie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 24
Dit lyk of daar besig is om iets te ontwikkel tussen Marnus en Elzebet, en Mawiet is bekommerd. Sy vertrou Marnus net so ver sy hom kan sien. En hulle het nog nie eers behoorlik ontmoet nie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 23
Shaun is so getraumatiseerd deur die aanval, dat hy nie alles wat gebeur het behoorlik onthou nie. Hy vlug terug Johannesburg toe, en laat meer vrae as antwoorde.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 22
Shaun is aangerand en die inwoners probeer bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Marnus verdink vir Xander vir die geweld.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 21
Shaun vertel vir Neels dat sy ma sy pa vir ‘n egskeiding gedagvaar het, en nou met die helfte van sy besittings wegloop, onder andere die helfte van sy landgoed.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 20
Nadat ‘n damwal verkrummel is Neelsie in gevaar. Hy besef dat die slyk die ingang na Neelsie, sy koffieplek, kan toeslik.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 19
Daar is ‘n groot bakleiery by die huisie wat Xander huur, en dit veroorsaak baie skinderstories. ‘n Onbekende meisie is hierby betrokke. Die inwoners is bekommerd dat Marnus die hele kloof sal opkoop.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 18
Neels gebruik Elzebet as sy eerste kliënt om sy verskillende soorte koffies te toets. voordat hy Neelsie amptelik open. Jorrie en Lienkie bespreek hulle planne vir die toekoms.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17
Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16
Die brand het geweldige gevolge. Verskeie mense word daarvan verdink dat hulle by die brand betrokke sou gewees het. Xander slaan munt uit die chaos en beskou die dele van die fabriek wat afgebrand het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15
Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar …
Show notes
Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar raak hier skielik sterker.KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14
Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne …
Show notes
Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne oor hoe om sy roomysfabriek van die grond af te kry.KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13
Marnus en Xander ontmoet in die roomysfabriek, en daarna besef Elzebet dat sy nogal van Marnus hou. Dis die eerste keer dat sy so oor ‘n man voel. Shaun en Xander het ‘n lelike onderonsie.
These are the latest 40 of 3,062 episodes. You’ll find older episodes in the podcast’s feed.
Similar podcasts
More Arts podcastsIs this your podcast?
Confirm it with an entry in your feed: you get a code here, add it as podcast:txt to the channel of your feed, and we check it. Your podcast is then shown as “verified” on SoundNode.







